SARIE Augustus-uitgawe      FOTO: Justin Badenhorst

SARIE Augustus-uitgawe FOTO: Justin Badenhorst

Modestories

Sportklere hoogmode onder bekendes

In die gim lyk dit deesdae soos ’n modeparade. Uitrustings word beplan sodat alles bymekaar pas, en elke item maak ’n stelling! Die dae van oefen in jou grootste T-hemp en ’n verbleikte broek is verby. Nou is die groot vraag: Hoekom spandeer ons derduisende rande om in die gim mooi te lyk, maar ons mag nie dié klere in die openbaar dra nie?

Ek glo dis ’n groot klomp twak! Ons lewe nie meer in die 1900’s waar enkels wys, kort toppies en stywe klere taboe is nie. Bekendes word deesdae oral op straat in hul oefenklere gesien en dit lyk stylvol en sjiek.

Kendall Jenner

 

Gigi Hadid

A photo posted by Gigi Hadid (@gigihadid) on

 

Rita Ora

 

Bella Hadid

 

Hailey Baldwin

 

LET WEL Daar is ’n tyd en plek vir sportklere en jy hoef nie van kop tot toon oefenklere aan te hê nie! Ons beveel dus nie aan dat jy jou gimbroek kantoor toe dra nie. Maar jy kan wel jou oefentop by ’n maksi-romp, jeans of selfs ’n wyepypbroek of culotte dra. Tekkies is ook een van die jaar se grootste tendense.

Hier is 2 uitrusting-idees uit die nuutste SARIE (Augustus-uitgawe)

Gaan loer gerus in die nuutste SARIE vir nog sportiewe idees vir jou dag-tot-aand-voorkoms!