FOTO Instagram  @krisjenner

FOTO Instagram @krisjenner

Modestories

Steel dié bekendes se dogters dalk die kollig?

Bloedjonk, maar stylvol!

Kim Kardashian en haar dogter, North West, is Maandagaand in passende uitrustings gesien. Ons het ’n voëltjie hoor fluit dat dit North se eerste konsert was, en sy het tog te fraai gelyk! Die 3-jarige het haar pa, Kanye West, se konsert gaan bywoon en sy het soos ’n klein disko-bal geskitter. Jy kan sien Kim het die kleuter stileer, maar klein Mejuffroutjie moes beslis die skoene gekies het!

Kim Kardashian & North West lyk tog te pragtig

Moenie dink Kim Kardashian en North West is die enigste sylvolle moeder-dogter-paartjie nie. Beyoncé het ook onlangs haar dogter, Blue Ivy, na die MTV VMA-toekennings geneem. Blue Ivy volg beslis in haar pragtige ma se styl-voetspore.

Beyoncé & Blue by die VMA’s

Dit lyk my Blue Ivy het ook self haar skoene gekies, en ons is gaande oor die tekkie-aandrok-kombinasie!

A photo posted by Beyoncé (@beyonce) on

A photo posted by Beyoncé (@beyonce) on

A photo posted by Beyoncé (@beyonce) on

Dalk word dit nou ’n nuwe trend dat bekendes hul dogters opdollie en na rooitapyt-geleenthede toe neem, wie weet?