FOTO Instagram @theashleygraham

FOTO Instagram @theashleygraham

Modestories

Kurwes: lyk só sensasioneel

Wees trots op jou “ekstra” kurwes en fokus vleiende aandag daarop – die lewe is heeltemal te kort vir ’n obsessie oor jou kleregrootte!

Wenke om op jou beste te lyk:

#1 Dra jou grootte

Eerder ’n sexy 38 as ’n ongemaklike 36! Ja, hou op om skaam te wees oor jou grootte. Dis nie grootte wat tel nie, maar oor hoe ’n item aan jou lyf pas.

 

#2 Kleur

Bring ’n bietjie kleur in jou lewe! En gebruik kleur om jou beste bates te beklemtoon.

 

#3 Kleurblok of meng van patrone

Glo my, dié wenk is goud werd: Hou op wegkruip agter eenkleurige items, want patrone kan jou kurwes mooi beklemtoon.

 

#4 Kies jou materiale slim

Vermy bonkige materiale soos breistof.

 

#5 Ken jou halslyne

Vermy polonekke indien jy groot borste het. Jou beste opsie is V-neklyne.

 

#6 Laaste, maar nie die minste nie: SELFVERTROUE tel!

Wees gemaklik met jou kurwes, moenie skaam wees nie. Selfvertroue is die sexyste ding op aarde!