Junie 2015
Modestories

Stylwenke vir kort mense – só lyk jy langer!

Moet jy altyd voor staan op ’n foto omdat jy kort is? Moet jy altyd ’n stoel of leer kry om hoogtes te bereik? Jy val definitief in die “kort” kategorie, saam met die Britse aktrise Emilia Clarke. Ons het vir jou die beste modewenke om langer te lyk, en dit sluit nié stiletto’s in nie!

Kort mense – só lyk jy in ’n japtrap langer!

Vermy lang tops/bloese/T-hemde/hemde en steek in waar jy kan

Lang tops is gemaak vir die vroue met die lang bene. Ons met die korter lyf moet dit liewers vermy, want dit laat jou bene korter lyk. Steek liewers jou hemde in. Jy kan ook jou hemde en ander tops korter laat maak.

Kourtney Kardashian (1,53 m) wys vir jou ’n ingesteekte top maak ’n verskil:

Wys jou enkels

Die hoofrede vir dié reël is dat jy nie wil lyk of jy verdrink in jou broeke of jeans nie. Indien jou enkels uitsteek, lê jy klem op die nouste gedeelte van jou bene en dít gee die illusie dat jy te “lank” is vir jou broeke. Koop hierdie items in die petite-afdelings van winkels of rol jou pype op. As jy wel ’n langbroek dra wat as’t ware op die grond sleep, moet jy slim stileer: trek dieselfde kleur skoene as jou broek aan.

Salma Hayek (1,57 m) neem ’n selfie van haar uitrusting en haar enkels wys:

Eenkleurig

Hierdie reël vorm ook die illusie van ’n langer voorkoms. Dis omdat  daar geen “lyne” is wat jou liggaam opdeel nie.

Nicole Richie (1,55 m) wys hoe jy dit moet dra:

A photo posted by @nicolerichie on

 

Knielengte is uit soos ’n dooie kers!

Jy sny jou liggaam letterlik in die helfte sodat nie jou bo-lyf óf jou onderlyf langer lyk nie. Dra eerder ’n mini- (indien jy die bene het daarvoor) of ’n midilengte.

Eva Longoria (1,57 m) wys been in haar minirok:

  A photo posted by Eva Longoria (@evalongoria) on

Kry lengte met ’n hak (nie noodwendig die hoogste hakke in jou kas nie)

Die klein bietjie verskil wat ’n hak aan jou lengte kan maak, is belangrik. Ek sê definitief nie jy moet stiletto’s gaan uithaal nie! Indien jy lief is vir jou tekkies, plakkies en insteekskoene, soek iets met ’n klein hak vir ekstra hoogte.

Vanessa Hudgens (1,55 m) wen lengte deur stewels met ‘n hak aan te trek:

 

Vertikale strepe

Vertikale strepe is altyd ’n wenner. Dit laat jou vir seker ’n paar sentimeters langer lyk!

Anna Kendrick (1,57 m) steel die kollig in haar top met vertikale strepe op die voorblad van die Fashion-tydskrif:

 

Vervals jou lengte in ’n japtrap met ons slim wenke!

VGB Tag