FOTO Instagram / @abikiniday

FOTO Instagram / @abikiniday

Modestories

Swembroek vir elke figuur

Die jaar lê byna op sy rug en dit beteken dis tyd vir son, see, swembad en swembroek. Al sidder jy dalk by die gedagte aan jou winterlyf in ’n swembroek, is die winkels reeds propvol baaibroeke. 

Hier’s raad om jou swembroek-soektog te vergemaklik.

Moets:

♥ Style van swembroeke verander elke seisoen – moenie bang wees om iets nuuts uit te toets nie!

♥ Jy kan ’n kleiner grootte as jou gewone klere koop, want swembroeke is geneig om te rek.

♥ Maak jou bandjies so styf moontlik vas. Goeie wenk: leun vooroor en maak jou bandjies stewig vas sodat jy 100% seker is dat jou borste in plek is.

A photo posted by A Bikini A Day (@abikiniaday) on

 

Moenies:

X Moenie volgens ’n trend koop nie, want alle trends werk nie vir alle figuurtipes nie!

Moenie ’n groter nommer koop in die hoop dat die swembroek meer sal toemaak nie. Swembroeke is geneig om te rek! Koop eerder ’n styl wat meer bedek.

Die volgende wenke kan help om die beste swembroek vir jou liggaamsbou te kry:

#1 Groot borste

A photo posted by A Bikini A Day (@abikiniaday) on

♥ Swembroeke met dieselfde ondersteuning as ’n bra is die beste. Onthou: hoe breër die bande, hoe beter ondersteuning gee dit.

♥ Indien die rug hoër is, bied dit ook meer ondersteuning.

♥ Kyk uit vir swembroeke wat soos ’n bra genommer is, want dit maak lewe baie makliker.

 

#2 Klein borste

A photo posted by A Bikini A Day (@abikiniaday) on

♥ Driehoekige bo-stukke (bikini-tops) vorm die illusie van skaduwee, wat jou borste groter laat lyk. Speel ook met patrone en valle.

♥ Ingeboude ondersteuning, asook halternektops, sal jou borste dadelik groter laat lyk.

♥ Klein borste is tot jou voordeel, want jy kan wegkom met ’n kleiner bo-stuk en selfs ’n bandjielose een (boob tube).

 

#3 Atletiese figuur

♥ Swembroeke met patrone, valle of borduurwerk gee ’n meer vroulike voorkoms.

♥ Monokini’s vorm fantastiese kurwes.

♥ Hoe kleiner die onderstuk, hoe meer kurwes vorm jou bikini.

♥ Bikini-onderstukke met toutjies is perfek om kurwes te vorm en jy kan dit verstel volgens jou grootte.

Bikini-top R800 Bikini broek R400 (Billabong)

Bikini-top R800
Bikini-broek R400
(Billabong)

 

#4 Groterige middel

A photo posted by A Bikini A Day (@abikiniaday) on

♥ Oorvou-style en gevoude detail by jou middel werk soos ’n bom!

♥ Indien jou laer maag die teerpunt is, gaan vir ’n broekie met ’n hoë middellyf (high waisted).

Eenstuk met voue oor die middel R2 995 (Miraclesuit versprei deur Slimsuit Distributors)

Eenstuk met voue oor die middel R2 995 (Miraclesuit versprei deur Slimsuit Distributors)

 

#5 Kurwes

♥ Kleurblok is jou wenner! Dit kan baie vleiend wees.

♥ Asimmetries is ook ’n uitstekende manier om die aandag van jou kurwes weg te lei.

 

Bikini top R399 High waisted broekie R299 (River Island)

Bikini-top R399
Broekie met hoë middellyf R299
(River Island)

Dit is tyd om te gaan koop … Desember is om die draai!

Koop nou die nuutste SARIE vir nog meer swembroek-opsies

Bron: Popsugar