Modestories

Die top-trends by die New Yorkse Modeweek

Ongelukkig kan ons almal nie in die voorste ry by die internasionele modeweke sit nie, maar met dié foto’s wat die trends vir vanjaar se herfsmodes wys, voel dit asof jy ook by Mercedes-Benz se New Yorkse Modeweek was.

As jy in die voorste ry langs bekendes soos Anna Wintour, Kate Moss en selfs David Beckham gesit het, sou jy dié trends vir vanjaar se herfsmodes gesien het. Die twee groot trends vir herfs is oudergewoonte die laag-op-laag-voorkoms en rokke vir kouer dae in luukse materiale.

Blaai deur ons galery vir 32 foto’s van die New Yorkse modeweek:

Een van die Amerikaanse modehuis Tibi se uitrustings tydens Modeweek
FOTO: Instagram

Tibi skep die illusie van ’n hemp wat om die model se heupe vas gemaak is
FOTO: Instagram

Die Amerikaanse handelsnaam Band of Outsiders het ook gewys hoe om ’n hemp om jou heupe te dra - definitief een van die jaar se groot trends
FOTO: Instagram

Een van Ralph Lauren se modelle in ’n lang rok saam met warm kouse, 'n snoesige baadjie, serp en mus
FOTO: Instagram

Ralph Lauren voorspel wit gaan 'n groot modekleur wees
FOTO: Instagram

Die Amerikaanse handelnaam Joie se uitstalling wys modelle in klassieke uitrustings
FOTO: Instagram

Victoria Beckham se reeks het 'n baie gesofistikeerde voorkoms
FOTO: Instagram

Ontwerper Trina Turk se reeks bestaan uit kleurvolle winterkombinasies
FOTO: Instagram

’n Onvergeetlike voorkoms van Carolina Herrera
FOTO: Instagram

Michael Kors se baadjies is mooi én prakties
FOTO: Instagram

Calvin Klein plaas die fokus weer op die rolnekkraag
FOTO: Instagram

Diesel het die wit-trend opgetof met blinker-detail
FOTO: Instagram

Marc Jacobs is die kenner van laag-op-laag-modes
FOTO: Instagram

Nóg 'n Michael Kors-voorkoms
FOTO: Instagram

Die Amerikaanse Reed Krakoff speel met teksture en lyne om alledaagse uitrustings uniek te maak
FOTO: Instagram

Ontwerper Rosie Assoulin kies warm en helder materiale vir haar herfs 2014-versameling
FOTO: Instagram

The Row is bekend vir hul oorgroot- en gemaklike klere
FOTO: Instagram

Ontwerper Delpozo se wye rok met ’n klein kragie word saam met swart stewels gedra vir die kouer dae
FOTO: Instagram

Die New Yorkse ontwerper Dion Lee het sy gestruktureerde uitrustings in skakerings ten toon gestel - van wit tot grys, donkerblou tot swart, en selfs in pienk.

Hy het ook blinkerdetail gebruik om ekstra flaire aan sy uitrustings te verskaf
FOTO: Instagram

Donna Karan vier vanjaar haar 30ste bestaansjaar in die modewêreld. Sy het vir dié reeks inspirasie geput uit haar ikoniese items uit die verlede
FOTO: Instagram

Ralph Lauren het pastelkleure in sy hele reeks gebruik
FOTO: Instagram

Rodarte het inspirasie uit Star Wars geput - en geen geheim daarvan gemaak nie!
FOTO: Instagram

Geometriese patrone, kleurryke materiale en besige motiewe in Suno se reeks
FOTO: Instagram

Zac Posen se aandrokke herinner aan sprokiesverhaal-prinsesse
FOTO: Instagram

Zac Posen het 'n oog vir detail
FOTO: Instagram

Nóg Zac Posen-skeppings
FOTO: Instagram

Carolina Herrera se reekse is altyd klassiek. Dié jaar het sy gespeel met verskillende patrone en geometriese lyne.
Bruin, vlootblou en pers is dié ontwerper se kleure vir herfs 2014
FOTO: Instagram

Honor se kledingstukke was romanties en vroulik
FOTO: Instagram

Marchesa se loopplank was die een rok op die ander. Weelderige aandrokke in veral mosterdgeel het vir groot opwinding onder die toeskouers gesorg
FOTO: Instagram

Marc Jacobs het sy droom-reeks op die loopplank gesit - letterlik! Nagemaakte wolke het uit die dak gehang en die uitrustings wat in sagte pastelkleure
FOTO: Instagram

Oscar de la Renta het nie afgewyk van sy kenmerkende skeppings nie. Die ouwêreldse sjarme van dié bekende ontwerper se reeks het die skare betower
FOTO: Instagram

SA se David Tlale skitter by Modeweek

David Tlale se uitrustings op die loopplank vir die laaste rondte. FOTO: Instagram

David Tlale se uitrustings op die loopplank vir die laaste rondte. FOTO: Instagram

Kyk net na die pragtige uitrustings wat Suid-Afrika se eie David Tlale op die loopplank gebring het by dié modeweek! Dit is David se tweede verskyning by dié modweek – kyk hier na David se Lente 2014-reeks.

David het hierdie foto met sy aanhangers op Instagram, met die onderskrif "Die weermag hou aan marseer", gedeel. FOTO: Instagram

David het hierdie foto met sy aanhangers op Instagram, met die onderskrif “Die weermag hou aan marseer”, gedeel. FOTO: Instagram

Jy kan al die Mercedes-Benz New York Modeweek mode-vertonings kyk deur hier te klik.

Nóg ’n Suid-Afrikaner maak ons trots by dié modeweek. Lees dié storie eksklusief op SARIE.com.