Londense Modeweek
Modestories

Top-trends van die Londense Modeweek

Die Londense Modeweek het dalk gister klaargemaak, maar modes wat hier te sien was, gaan nog ‘n hele jaar lank te sien wees. Hier is die top-trends vir die Noordelike Halfrond se Lente/Somer 2014-modes.

Kleur op kleur

Wit op wit is een van vanjaar se trends wat ook in 2014 in die mode gaan wees. Maar een uitrusting van dieselfde kleur word nou nog ‘n stap verder geneem met hele uitrustings wat dieselfde kleur is.

FOTO: Pienk op pienk van die ontwerper Jackie JS LEE (Twitter, @Topshop).

FOTO: Pienk op pienk van die ontwerper Jackie JS LEE (Twitter, @Topshop).

Die klokrok

Victoria Beckham is vroeër by die New Yorkse Modeweek gesien in ‘n rok wat sy beskryf het as iets soortgelyk aan ‘n wolk. Dié nuutste trend is om lospassende klere met volume te dra. Hierdie los style is egter nie slordig nie, maar is gestruktureerd met interessante materiale en snitte.

FOTO: 'n Pastelkleurige klokrok van die ontwerper Emilia Wickstead (Twitter, @TimesFashion).

FOTO: ‘n Pastelkleurige klokrok van die ontwerper Emilia Wickstead (Twitter, @TimesFashion).

Die 3D-romp

So gepraat van volume, die nuutste is gedetailleerde rompe. Of dit nou plooie of voue, lae of geknipte, aangewerkte materiale is, dít hoort op jou romp. Met stywer en minimalistiese hemde word die fokus op die romp geplaas.

Alles is blou

Ligblou, babablou, koningsblou, vlootblou, denimblou of tukoois – blou is ‘n veelsydige kleur met honderde verskillende skakerings. En dié kleur gaan nog lank in die mode wees. Dra dit sommer van kop tot tone!

FOTO: Skakerings van blou deur die ontwerper J. JS Lee (Twitter, @BritishVogue).

FOTO: Skakerings van blou deur die ontwerper J. JS Lee (Twitter, @BritishVogue).

Erfenis

Hierdie trend bring hulde aan die style van gister. Wit, bruin, kakie, swart en beige met rigiede patrone en strepe maak hierdie trend nie nét meer eie aan sy tyd nie, maar ook modern.

FOTO: Erfenis-viering deur die ontwerper DAKS (Twitter, @RedMagDaily).

FOTO: Erfenis-viering deur die ontwerper DAKS (Twitter, @RedMagDaily).

Skitter

Verby is die dae dat glansklere net vir die disko bedoel was! Jy kan nou weer soos ‘n klein dogtertjie voel oor blinkgoed, want dis nou net so gepas vir die dag as die aand.

FOTO: Blinkerklere is in! Hierdie rok is deur Tom Ford ontwerp (Twitter, @HilaryAlexander).

FOTO: Blinkerklere is in! Hierdie rok is deur Tom Ford ontwerp (Twitter, @HilaryAlexander).

As blomme en argitektoniese lyne sou trou…

Mooi en sag, pastel en vrolik. Is dit dalk hoe jy dink oor blompatrone? Wel, dit is nou tyd vir ‘n kopskuif. Blompatrone word met sterk geometriese patrone gemeng.

60’s

Monochroom en polkakolle het ‘n beduidende rol gespeel in hierdie tendens. Modes neem ‘n modieuse tree terug na die sestigerjare met ronde brille en primêre kleure. Gaan grawe ‘n bietjie rond tussen die klere by die huis, miskien het jy, of ‘n familielid, iets uit daardie era.

FOTO: Stylvolle 60's deur Burberry (Twitter, @Burberry).

FOTO: Stylvolle 60’s deur Burberry (Twitter, @Burberry).