Modestories

Topshop bekoor by Londense Modeweek

Bekendes soos styl-ikone Olivia Palermo, Demi Lovato & Kate Bosworth van Superman Returns (sien foto) was ook daar vir ‘n bietjie inspirasie vir die volgende seisoen.
Kate Bosworth by die Topshop winter 2013/2014 vertoning

‘n Belangrike goue draad deur die reeks is die kombinasie van teksture wat saam gebruik word – blink saam met dof, blinkers saam met wollerig. Die kleurpalet is van winterwit tot ‘n warm karamelkleur en sterk swart, maar met ‘n tikkie spookasempienk, wynrooi en poeierblou.

Die inspirasie vir die reeks is tipiese Britse kantoordrag saam met oorgroot-jasse en baadjies gekombineerd met die 90’s Britse pop-silhoeëtte (dink terug aan die popgroep, Spice Girls).

Kry jou inspirasie hier:

Gelukkig is Topshop ook nou in SA beskikbaar, kom ons hoop ons is so gelukkig en dat dié reeks ook hier beskikbaar sal wees.