1
Modestories

2013 se trends: Só koop ons

Soos die jaar einde se kant toe stap begin ons terugkyk na die nuwe tendense wat ons dié jaar besig gehou het …

En van die grootste veranderinge dié jaar het plaasgevind in ons koop-gewoontes. Met die ekonomie wat ons beursies al hoe meer platdruk het baie interessante koop-gewoontes vlamgevat.

Koop aanlyn

Verby is die tyd wat ons in stampvol winkels ons inkopies moet doen. Ongeveer 3% van Suid-Afrikaners koop nou aanlyn, volgens Louna Lohann, algemene bestuuder van mode, aankope, produksie en kreatiewe ateljee van spee, waarbinne die SARIE-winkel ook lê.

Namate internet-verbindigs verbeter en die koste daarvan daal, gaan al hoe meer mense aanlyn koop. Aanlynwinkels gee ook graag afslag en stel jou dadelik daarvan in kennis.

‘Pop-up shops’

En terwyl ons al hoe meer in die kuberrruim koop, verhoog dit die druk op gewone winkels. Kopers soek opwinding, nuwigheid, ’n verrassingselement, skryf SARIE-joernalis Lydia van der Merwe in ons Desember-uitgawe.

Een van dié maniere om winkels interessant te hou is die nuwe tendens om pop-up shops op te stel. Dié winkels is tydelik – net vir ’n paar dae, weke, maande, en dan verdwyn dit weer.

En dit is presies wat JTOne, een van Woolworths se onderklere-reekse, gedoen het. Hulle pop-up shop in die V&A Waterfront in Kaapstad is onlangs opgerig en gaan vir ongeveer 3 maande daar wees, voordat hulle dié interessante winkel oppak en aanbeweeg.

4 8

JTOne is Woolies se jong en vars onderklere en nagklere-reeks. Die oulike reeks bestaan uit kleurvolle items in die somer se mode-kleure. Jy kan ook dié reeks aanlyn aankoop op Woolworths se webtuiste.

DES 2013

 

Lees meer oor 2013 se grootste trends in die Desember-uitgawe van SARIE.