FOTO Instagram @prettypearbride @calliethorpe

FOTO Instagram @prettypearbride @calliethorpe

Bruid

Trourok-wenke vir die voller figuur

Jou troue moet ’n sprokiesdag wees en jý die gelukkigste en mooiste bruid denkbaar. Moenie dat ekstra kurwes jou vreugde bederf nie! 

SARIE se modespan gee ’n paar wenke vir die perfekte trourok:

#1 Ruches

Ruchewerk is enige vrou se droom! Dit steek van die kurwes weg en maak die rok meer gestruktureerd. Asimmetriese ruches is die gewildste.

 

#2 V-halslyn

Die voller figuur het die ekstra seëning van ’n goeie halslyn – moenie bang wees om dit te wys nie. Plaas die fokus op jou beste bates, want jy kán!

 

#3 Vermy ten alle koste kaal skouers (die boob tube)

Niemand wil op haar troudag ongemaklik wees of die heeltyd haar rok optrek of selfs ’n onverwagte “besoeker” kry wanneer sy die dansvloer open nie …

‘n Trourok met moue lyk net so elegant:

 

#4 Vermy ’n tweestuk

Bly weg van ’n rok met ’n aparte bo- en onderstuk, want dit beklemtoon jou kurwes. Kies eerder ’n noupassende meerminstyl rok, wat een van die vleiendste snitte vir plusgroot bruide is.

 

#5 Vermy dun materiaal as jou rok styf sit

Dun materiaal is geneig om elke kurwe te wys. Kies ’n stewiger stof met meer struktuur. Jy kan selfs kant bo-oor die materiaal gebruik. Dikker materiaal span baie mooier om jou lyf en laat jou kurwes sexy lyk!

LET WEL as jy dun materiaal kies, maak seker die rok is nie noupassend nie (die dunner materiaal lyk baie mooi by die boheemse trourok op dié foto)

 

#6 Die rok moet jý wees!

Jy moet verlief, mal, gaande wees oor die rok, anders gaan jy nie gelukkig wees nie. Moenie altyd na ander mense se opinies luister nie, want dis jóú groot dag. ’n Gelukkige bruid is ’n pragtige bruid!

 

#7 Onthou …

Jy mág geld uitgee op ordentlike onderklere vir jou troudrag.

 

EN: ’n Bruid vol selfvertroue is die mooiste bruid!