sr1004mode
Modestories

Tweede natuur

KALM WATERS

Asimmetriese detail, soos die syblomme aan die rok se hals, is steeds nuus vir winter 2010.

Spoelklip-grys rok van sy en maasstof (R15 000), KLûK CGDT. Sjokoladebruin oopknooptrui van wol (R899), Polo.

Rok: slegs grootte 32
Trui: XS – XXL

Mode-sessie: April 2010

VRYE VALLE
 

Plooi- en val-detail saam kan mos net interessant lyk. Dra dit by ‘n volromp vir ‘n super-vroulike voorkoms.

 

Ligpienk sytop met plooi- en val-detail (R399), Forever New. Haarband met vere (R395), A-list.

 

Top: groottes 6 – 16

BOSNIMF
 

Voel romanties in ’n geplooide bloes by ’n tulle-romp. Die bloes lyk ook sjiek by jeans.

 

Beige chiffonplooiebloes (R395), Leigh Schubert. Steenkleurige moulose top (R245), Good @ Mungo & Jemima. Roomkleurige tulle-romp (R250), Mint Studios. Bruin leerstewels (R1 299), Luella. Roomkleurige haarband met syblomme (prys op aanvraag), KLûK CGDT.

 

Bloes: groottes 32 – 38
Top: slegs grootte M
Romp: op aanvraag

MISTERIEUS
 

Chiffon-rokke en -bloese is ideaal om in allerlei style oor mekaar te dra.

 

Roomkleurige moulose rok met val-detail (R795), A-list. Bruin viskose-top (R699), Nicci Boutique. Beige riffel-kouse, stilis se eie. Voëltjie-houtring (R85), Nap.

 

Rok: groottes 34 – 36
Top: XS – XXL

SAG GEDRAPEER 
 

Drapering gee ’n droomverlore gevoel aan dikwels strak winteruitrustings.

 

Steenkleurige viskoseromp met drapering en satynband (R345), Colleen Eitzen @ The Space. Mauve bloes (R360), G.Couture. Pienk oopknooptrui van katoen (R799), Polo. Beige kniekouse met silwer draad (R49), Cameo. Steenkleurige leerskoene (R1 499), Diesel. Vintagehoed met net (R220), Glitterati.

 

Romp: groottes 32 – 38
Bloes: 32 – 42
Trui: XS – XL

BOOM EN BAS
 

Fyn opnaaisels gee tekstuur aan ’n eenvoudige kaftan. Dra dit bo-oor ’n polonektop op koeler dae.

 

Sjokoladebruin kaftan van katoenmengelstof (R269,95), Rage. Grys polonektop van viskose (R269,95), Rage. Ligbruin kortmoutrui met kunspelsafwerking (R139,99), Mr Price.

 

Kaftan: groottes S – XL
Polonek: S – XL
Trui: S – XXL

VEERLIG
 

Vere en veer-patrone is hoogmode. Dra dit as ’n haarband of waag met ’n veerpatroon-kledingstuk.

 

Chiffon-kaftan met veerpatroon (R1 050), Malick. Steenkleurige polonektop van wolmengelstof (R499), Trenery @ Woolworths. Roomkleurige spanbroek (R739), Diesel. Bruin enkelstewels van sweedsleer (R1 299), Nine West.

 

Kaftan: slegs grootte 34
Polonek: XS – XXL
Spanbroek: S – L

PLAT OP DIE AARDE
 

‘n Moderne aanslag: Dra ’n plooiebloes by ’n tregterbroek (peg trousers) en enkelstewels.

 

Roomkleurige sychiffon-bloes (R2 200), Rosenwerth. Steenkleurige tregterbroek van linnemengelstof (R524), Two @ The Space. Ligpienk kamisool van katoenmengelstof met val-detail (bo-oor bloes, R249), Forever New. Taankleurige leerstewels met uitsny-detail (R899), Aldo.

 

Bloes: groottes 32 – 38
Broek: XS – L
Kamisool: 6 – 16

  • Renette Coetzee

    Hi

    wees asb so gaaf om vir my die tel nommer van A-list besigheid te stuur
    Haarband met vere (R395), A-list. bl 90 in april 2010 uitgaw

    ek wil graag dit aankoop maar kan ongelukkig nie dit nommer opspoor nie.

    baie dankie
    renette
    018 462 7561
    084 655 5535