sr0908mode01rz
Modestories

Tydlose styl

Wit hemp

“Die wit hemp werk hard: Dit kan saam met enige item en kleur gedra word, van snyersdrag en denim tot ń wye romp saans. Dit lyk altyds vars.”
- Francois Rall, mode-ontwerper van Carducci Women

Wit hemp (R260), Carducci. Swart potloodstreep-broek (R595), Amanda Laird Cherry @ The Space. Turkoois satynserp as nekstrik (R150), Blackbeard and Dare. Swart belt van blinkleer (R199), Slick. Hoepel-oorbelle met krale (R189), Accessorize.

Hemp: groottes: 30 – 40
Broek: 32 – 40

Mode-sessie: Augustus 2009

 

Pêrels Swart broek

Pêrels

“ Hierdie juweel is tydloos en komplementeer jou vel
soos geen ander nie. Daar’s ń subtiele aantrekkingskrag tussen die mensdom en pêrels – daarom sal dit altyd ń gunsteling- juweliersitem wees.”
- Johan Louw, direkteur van Uwe Koetter Jewellers

Pêrel-halssnoer(R4 560) en pêrel-oorbelle (R3 420),
Uwe Koetter. Swart rok (R790), Jo Borkett. Rooi-en-turkoois baadtjie van tweed (R999), Slick. Turkoois handskoene van sweedsleer (R299), Acessorize.

Rok: groottes 30 – 38
Baadtjie: 32 – 38

Swart Broek

“Dis ń moet vir elke klerekas – klassiek en veelsydig.
Swart is vaartbelyn en werk vir elke geleendtheid,
ontspanne tot deftig.”
- Jo Borkett, mode ontwerper

Swart mengelstof-broek (R590), Jo Borkett. Turkoois-en-wit satynbloes (R299),Pulsate. Silweroorbelle met varswaterpêrels (R580), Anpa.Dun swart belt (R199), Slick. Hakskoene met vierkantige toon (R795), J. Renée at Spitz.

Broek: groottes 30 – 38
Bloes: S – L

Broekpak Syserp

Broekpak

“Gesagdrag van die loopplank tot die raadskamer – die broekpak behou sy trefkrag.”
- Warrick Gautier, Kreatiwe direkteur en hoof-ontwerper van
Jenni Button

Swart baadtjie (R1 300) en broek (R700) van glansmateriaal, Jenni Button. Grys polonektop met kantpatroon (R300), Michelle Ludek @ The Space. Swart gladiator-hakskoene (R1 095), Spitz. Rooi palmhandsak van kuns-krokodilvel (R599), Slick. Silwerring met blou kalsedoonsteen (R1 100) en silweroorbelle (R599), Oh So Boho.

Baadtjie en broek: groottes 30 – 40
Polonektop: S – L

Syserp

“Serpe is vir ewig, en altyd gepas. Dit word vintage–items as die ontwerp klassiek en die kleure gesofistikeerd en uitsonderlik is.”
- Lindie Grenfell, krietiewe direkteur van Marion & Lindie

Serp van graffiese patroon (R300), Marion& Lindie. Grys kamisool (R175) en swart kanthemp (R699), Slick. Grys potloodromp (R299), TRUWORTHS. Silwerkleurige oorbelle (R185), Oh So Boho.

Kamisool: groottes 32 – 38
Hemp: 32 – 38
Romp: 30 – 42

Nekstrikbloes

Kunspels-baadtjie

“Ek’s mal hieroor! Dit voel en lyk luuks, ideal
vir dag of aand.”
Stefania Morland, mode-ontwerper

Kunspels-baadtjie (R3 300), Stefania Morland. Swart kantrok (R799), Sonja von Mellenthin @ Blackbeard and Dare. Swart ondeursigtige sykouse (R34,95), Falke. Oorbelle met blou kalsedoonsteen (R320), Oh So Boho.

Baadtjie: groottes S – L
Rok: S – L

Nekstrikbloes

“Dit gee jou uitrusting ń glansryker voorkoms,
vir werk of vir die aand. So ń bloes lyk net so goed saam met jeans as by ń tuxedo. Dit gee jou voorkoms drama.”
- Malcolm en Christiaan van KLûK CGDT

Houtskoolkleurige nekstrikbloes van sy-chiffon
(R2 200), KLûK CGDT. Dun rooi belt van kuns-slangvel (R545),Slate. Grys kamisool (R175) en grys potloodromp (R739), Country Road @ Woolworths. Horlosie van vlekvrye staal met diamanté-detail (R1 999), DKNY @ S. Keren Watch Group. Kunspêrel- oorbelle (R149), Accessorize.

Bloes: groottes 1 – 4
Kamisool: 32 – 38
Romp: 6 – 16

Rooi aandrok

Rooi aandrok

“Valentino het gesê ń vrou moet altyd ń rooi aandrok hê – en wie stry met die meester van couture? Dis die kleur van liefde, passie, woede, en laat jou lewendige en energiek voel. Álmal lyk ongelooflik in rooi- rooikop, blond of brunet.”
- Cheryl Arthur, ontwerp-en bemarkingsdirekteur van Hip Hop

Rooi aandrok van ru-sy (R9 000), Hip Hop. Swart palmshandsak van satyn (R650) en oorbelle met swart stene (R170), Lulu Belle. Haarband met klein hoedtjie- detail (R389),Accessorize.

Rok: groottes 32 – 42