FOTO: Instagram @stellamccartney

FOTO: Instagram @stellamccartney

Modestories

Van die gholfbaan tot die loopplank

Die sportluukse trend is die afgelope tyd reeds gewild, maar daar is een item wat vanjaar besonder gróót is: die gholfhemp!

Die groot vraag op almal se lippe is: hoe dra jy dit? Dis eintlik ’n baie praktiese item, maar kan gou outyds of “nie reg nie” lyk.

_____________________________________________________________________________

Dra jou gholfhemp só:

Saam met ’n romp: ’n potloodromp of ‘n midiromp balanseer jou uitrusting en neem jou van ’n informele na ’n formele voorkoms.

Die stilering van Stella McCartney se Lente/Somer-reeks 2016 gee jou ’n uitstekende idee hóé om die gholfhemp te dra:

Kyk uit vir gholfhemde in ’n moderne styl soos asimmetries of selfs ’n hemprok.

Gholfhemde in interessante patrone kikker ook ’n uitrusting mooi op.

’n Maksirok-weergawe van die gholfhemp is ’n baie klassieke keuse.

Bêre jou gholfstokke en haal uit die hakskoene!