Die drie vroulike hoofkarakters van Suits. Foto: @suits_usa_instagram

Die drie vroulike hoofkarakters van Suits. Foto: @suits_usa_instagram

Modestories

Van Topshop tot Gucci – só trek jou gunsteling-TV-karakter aan

Ons is gereeld voor die TV vasgenael om nie ons gunsteling-reeks mis te loop nie. Elkeen van ons het ook ons gunsteling-karakter. Miskien vind jy aanklank by haar persoonlikheid, of dalk is dit haar klerestyl. Al ooit gewens jy kan soos sy lyk, en gewonder waar die items te koop is?

Jou obsessie met die karakter se klerestyl is te danke aan die goeie stilis of kostuumontwerper van ‘n reeks. En wat is hul geheim? Hulle weet hoe om duurder items met goedkoper items te meng. In Pretty Little Liars sal die karakters byvoorbeeld ‘n Louis Vuitton-handsak saam met ‘n Topshop-rok dra.

Wat die stiliste so ongelooflik goed regkry, is dat hulle die karakters se persoonlikhede in ‘n klerestyl vasvang. Van die sjiek, geslepe besturende vennoot, Jessica Pearson, in moderne romp-pakke, tot die ambisieuse, intelligente uitvoerende assistent Donna Paulsen in haar noupassende knielengte-rokke, dwing die vrouekarakters stylvol gesag af in die gewilde regsreeks Suits.

Tomorrow, relationships are #Leveraged. Don’t miss an all-new #Suits at 9/8c.

A photo posted by suits_usa (@suits_usa) on

In Pretty Little Liars word die karakters se persoonlikhede ook sterk uitgedruk in hul klerestyl, soos die sportiewe Emily Fields se gemaklike styl met ‘n tikkie tomboy. Die kunstige Aria Montgomery se styl is weer quirky en baie vroulik.

Ons kan dus ‘n les of twee leer by dié stiliste:
*Soos die gesegde lui: “Geld kan nie styl koop nie.” Jy hoef nie van kop tot toon in ontwerpersitems te wees om styl te hê nie. Speel rond deur goedkoper items met duurder items te meng.
*Moenie bang wees vir vintage items nie. Met trends van die verlede wat sommige seisoene terugkeer, kan jy só ‘n spesiale item by jou kas voeg.
*Onthou “Opposites attrack” – as jy wil pret hê met jou uitrusting, dra iets blinks saam met iets alledaags soos ‘n wit T-hemp.

Daar is nou webtuistes soos www.shopyourtv.com waar jy kan kyk wat jou gunsteling-karakter dra, en dan kan jy die item aanlyn koop as dit nog beskikbaar is. Daar is ook apps soos TheTake wat jy op jou slimfoon kan aflaai.

Dit raak dus net al hoe makliker om die styl na te boots van iemand by wie jy aanklank vind.

Watter TV-karakter dra jou gunsteling-klerestyl?