Modestories

Vandag uit die SARIE-modekas…

21 DESEMBER 2011

‘n Blink en sjiek kombinasie. Ek is MAL oor hierdie top! En die skoene is ‘n nuwe styl wat in die mode kom.

Wat dra Elsabé? Top van ZARA, geplooide romp van Mememe, Aspoestertjie-styl hakskoene van Nine West.

20 DESEMBER 2011


Ek is mal oor blinkers die seisoen. Vandag kombineer ek dit met ‘n klassieke swart broek en prettige vlootblou hoëhakskoene.

Wat dra Luzanne?

Blinker-top van Wardrobe, swart broek van Dear Dorothy @ Mungo & Jemima, hoëhakskoene van Zoom.

19 DESEMBER 2011


In hierdie uitrusting word lae klere oor mekaar gedra. Dit is interessant en baie prakties as jy in Kaapstad woon waar daar soms vier seisoene in een dag is. ‘n Oopgeknoopte denim-hemp is ‘n lekker item om ook die vakansie oor ‘n swembroek te dra.

Wat dra Friede-Mari? Korset van Sissy Boy, denim-hemp van Sissy Boy, romp van Jo Borkett, belt van Wardrobe, handsak van Accessorize en skoene van Zoom.

15 DESEMBER 2011


Hierdie rok se patroon is prettig en net reg vir somer. Die “midi” lengte is ‘n groot modeneiging hierdie somer en is baie gemaklik.

Wat dra Mareth? Rok van Wardrobe, hoed van Jo Borkett, hakskoene van Lilikoi. Albei halssnoere van Accessorize.

14 DESEMBER 2011


Ek het besluit om weer kleur-blok te doen, maar dié keer saam met neutrale kleure.

Wat dra Elsabé? Bloes en ketting-handsak is van Jo Borkett, romp van Wardrobe en hoëhakskoene van Nine West.

13 Desember 2011


Vandag kombineer ons ‘n klassieke swart maksiromp met ‘n informele oorgroot hemp. Ek is mal oor die elegante swart romp en het besluit om dit minder formeel te maak met prettige bykomstighede.

Wat dra Luzanne? Maksirok en oorgroot hemp van Christopher Strong, hoëhakskoene van Zoom, halssnoere van Accessorize, hoed van Traffic.

9 Desember 2011


As jy dié pragtige rok dra, wil jy net in die rondte draai. Die maksirok is vroulik en vleiend en ‘n trofee-item vir die somer.

Wat dra Friede-Mari? Rok van Mungo & Jemima, hoëhakskoene van Errol Arendz.

8 Desember 2011


Ek is mal daaroor om oud en nuut saam te dra. Soos die pleather biker-styl leggings en die vintage-bloes. Ek dink dit balanseer mekaar mooi uit en die hakskoene maak die hele uitrusting modern.

Wat dra Mareth? Vintage-bloes, Afraid of Mice, leggings van MC, hakskoene van Nine West en handsak van Jo Borkett.

6 Desember 2011


Hierdie maksi-rok is van die plaaslike ontwerper I Love Leroy, wat rokke maak vir enige figuur. Hierdie rok is sag en vleiend en die blompatrone is te prettig!

Wat dra Mareth? Maksirok van I Love Leroy.

5 Desember 2011


Iets meer gesofistikeerd met ‘n moderne gevoel.

Wat dra Elsabé? Krale-bloes van MC, maksi-romp van Jo Borkett en hakskoene van Nine West.

1 Desember 2011


Dié prettige rokkie met sy bont suikerstrepe laat my weer soos ‘n klein dogtertjie voel! Gaan loer gerus na die beroemde Amerikaanse ontwerper, Marc Jacobs, se Lente 2011-reeks en kyk hoe lekkergoed-strepe hóm geïnspireer het.

Wat dra Friede-Mari? Rok van Mari and Me, hoed van Habits en Mary Jane-styl skoene van Nine West.

30 November 2011


Hierdie klassieke aandrok kry ‘n bietjie skop met die deurskynende materiaal wat ‘n bietjie been wys op ‘n elegante manier…

Wat dra Mareth? Rok van MC, palmhandsak van Mari and Me, halssnoer van Ida Elsje, belt van Wardrobe en haksskoene van Luella. 

29 NOVEMBER 2011


Probeer kleur-blok die somer. Meng die kleure in jou kas vir iets vars en vroliks. Dra dan iets blinks daarby vir meer woema!

Wat dra Elsabé? Knoop-hemp van Sissy Boy, romp van Mari & Me, brogues van Coast & Koi.

28 NOVEMBER 2011


Ek is mal oor maksi-rokke! Dit is gemaklik, elegant en vleiend. Hierdie lemmetjiegroen maksi-rok kan strand toe gedra word met sandale of met hakskoene na ‘n meer formele geleentheid.

Wat dra Mareth? Maksi-rok van Habits, hakskoene van Zoom en halssnoer van Merchants On Long.

25 NOVEMBER 2011


Die klassieke swart nommertjie word definitief vervang met ‘n wit nommertjie hierdie somer… Dra dit met selfvertoue en ‘n sonbruin vel.

Wat dra Friede-Mari? Rok van Mari & Me, skoene van Queue, handsak van Jo Borkett en oorbelle van Accessorize.


24 NOVEMBER 2011

‘n Wit T-hemp het dié taamlik formele uitrusting meer informeel gemaak. ‘n Wit T-hemp van goeie gehalte is ‘n moet-hê waarin jy beslis kan belê!

Wat dra Friede-Mari? T-hemp van Jo Borkett, romp van Sissy Boy, halssnoer van MeMeMe, handsak van Jo Borkett en hakskoene van Errol Arendz.

23 NOVEMBER 2011


Vandag het ek ‘n ander “look”. So ‘n 70’s-styl wye broek saam met ‘n klassieke baadjie met ‘n blompatroon is ‘n vars uitkyk op die somer. Dis vir enige ouderdom en vir enige geleentheid.

Wat dra Elsabé? Die T-hemp is van Poetry, baadjie van Mememe, broek van Christopher Strong en hakskoene van Truworths.

22 NOVEMBER 2011


Ek is mal oor enige lengte romp vir die somer, maar ‘n maksi bly my gunsteling. Die swart-wit-kombinasie is stylvol en klassiek.

Wat dra Mareth? Maksiromp van Christopher Strong, hemp van MC en skoene van Luella.

21 NOVEMBER 2011


Kleur-blokke is baie gewild vir die seisoen. Dié trend was ook te sien in die lente/somer 2011-reekse van groot ontwerpers soos Balenciaga, Céline en Chloë.

Wat dra Friede-Mari? Maksirok van Coppelia, beskikbaar by Mungo & Jemima, handsak van Mari and Me en hoëhakskoene van Bronx.

18 NOVEMBER 2011


Vandag dra ek ‘n 50’s-styl uitrusting. Dit is die romp wat my uitrusting maak. Dit lyk pragtig aan enige figuur, die geruite patroon is altyd ‘n gunsteling en blou is baie veelsydig.

Wat dra Elsabé? T-hemp van Jo Borkett, 50’s-styl rok van David West, hakskoene van Bronx, juweliersware van Anomali.

16 NOVEMBER 2011


Hierdie uitrusting is vir my baie sag en vroulik. Ek is mal oor die sagte gaasdoek-materiaal van die romp en die klein handsak is presies wat ‘n vrou nodig het vir ‘n elegante ete saam met jou vriendinne.

Wat dra Mareth? T-hemp van Jo Borkett, romp van Slick, handsak van Jo Borkett, skoene van Truworths en halssnoere van Anomali.

15 NOVEMBER 2011


Hierdie uitrusting laat my soos ‘n ware dame voel. Die lang romp is vleiend, veelsydig en geen risiko vir die Kaap se Suidooster nie. Ek gaan sommer binnekort een vir my eie klerekas koop!

Wat dra Friede-Mari? Strikdas-hemp van Danielle Margaux, maksi-romp van Christopher Strong en ballet-styl skoene van Mari and Me.

14 NOVEMBER 2011


Dit is nog glad nie somer in die Kaap nie, so ek het besluit om iets met ‘n moutjie te dra. Dit het ‘n pragtige patroon en die kleur is iets nuuts. Onthou, as jy ‘n swart en ‘n nude hakskoen in jou kas het, kan jy enigiets daarby dra.

Wat dra Elsabé? Chiffonrok van Mari and Me, kettinghandsak van Jo Borkett en hakskoene van Truworths.

11 NOVEMBER 2011


Ek is mal oor die materiaal van hierdie maksi-rok! Dit is baie sag en vleiend. Dit kan maklik informeel gedra word met sandale en ‘n strandhoed, of ‘n bietjie meer formeel soos in die foto met hakskoene en ‘n belt.

Wat dra Mareth? Maksi-rok van Slick, hakskoene van Luella en belt van Jo Borkett.

9 NOVEMBER 2011


Hierdie is ‘n feestelike uitrusting wat ‘n bietjie van my uitbring. Ek is mal oor musiekfeeste en het gedink ek sal iets prettigs bymekaar sit.

Wat dra Elsabé? Vere-kopband van Accessorize, groen halssnoer en armbande van Lulu Belle, glashalssnoer van Journey, top van Sitting Pretty, romp van MC, handsak van Zoom en wighakke van Luella.

8 NOVEMBER 2011


Hierdie bly ‘n gunsteling-kleurkombinasie: vlootblou en kameelkleur. Dié kleure was groot treffers die afgelope winter en steeds klassiek vir die seisoene wat kom!

Wat dra Friede-Mari? Polkakol-trui van Gant, broek van Christopher Strong, hoed van Emthunzini en wighakke van Luella.

7 NOVEMBER 2011


Ek hou daarvan om verskillende teksure saam te dra en ek dink die noupassende rok met kantdetail pas perfek saam met die leerbaadjie.

Wat dra Mareth? Noupassende rok van Jo Borkett, leerbaadjie van Old Khaki, hakskoene van Europa Art en halssnoer van Merchants on Long.

3 NOVEMBER 2011


Deesdae is daar nie iets soos “reëls” in mode nie. Jy kan nou enige kleur en enige patroon bymekaar dra. Vandag meng ek patrone, en dit lyk fantasties. Probeer dit!

Wat dra Elsabé? Halssnoer, baadjie en romp van Merchants on Long. T-hemp van Sissy Boy, skoene van Rage en ringe van Accessorize.

2 NOVEMBER 2011


Gekleurde jeans is prettig en gemaklik vir die somer. Die gewilde kleure is koraal, oranje, blou, groen en rooi.

Wat dra Friede-Mari? T-hemp van Mungo and Jemima, jeans van Sissy Boy, armbande van Lulu Belle en hakskoene van Luella.

1 NOVEMBER 2011


Hierdie uitrusting is definitief iets wat ek elke dag sal dra. Die kleurkombinasie en snit van die baadjie is klassiek en gemaklik. ‘n Netjiese swart broek bly elke seisoen ‘n wenner in enige klerekas en klassieke hakskoene kikker mos enige uitrusting op!

Wat dra Mareth? Bloes van Suzaan Heyns, baadjie van Journey, broek van Jay Jays, hakskoene van Europa Art, halssnoer van Merchants on Long, ringe van Accessorize en handsak van Zoom.

31 OKTOBER 2011


Hier dra ek ‘n meer klassieke uitrusting met vere wat dit prettig maak. Die sagte rokkie van 100% sy pas goed by die luiperdmotief-baadjie. Dit is perfek vir die dag by die kantoor tot skemerkelkies saam met vriendinne.

Wat dra Elsabé? Halssnoer van Journey, syrok van Sack’s, baadjie van Mr Price en wighakke van Luella.

28 OKTOBER 2011


Friede-Mari kan net nie genoeg van die strepe en blom-kombinasie kry nie! In die uitrusting dra sy dit saam met raffia-wighakke, die gemaklike hakskoen vir die seisoen.

Wat dra Friede-Mari? Rok van Traffic, leerbelt van Suzaan Heyns beskikbaar by Merchants on Long, strooi-strandsak van Lulu Belle en wighakke van Luella.

27 OKTOBER 2011


Hierdie romp se patroon is asemrowend! Dit is eintlik klomp stukkies lap wat bo-op mekaar vasgewerk  – die moeite en uniekheid van dié romp maak dit definitief ‘n collector’s item! Die Afrika-patroon-palmhandsak is ook ‘n groot gunsteling, en ek dink die patrone en kleure van die romp en die palmhandsak komplimenteer mekaar lekker.

Wat dra Mareth? Romp van Afraid of Mice, T-hemp van Errol Arendz, skoene van Aldo en palmhandsak van Yoobu Wristlets @ Merchants on Long.  

26 OKTOBER 2011


Wat ‘n ongelooflike rok! Die kleur is vrolik en iets anders vir die somer. Daar is baie lap wat fantasties lyk wanneer jy beweeg. En boonop sal dit by meeste velkleure pas!

Wat dra Elsabé? Halssnoer is van Merchants on Long, rok is van Christopher Strong en wighakke van Luella.

25 OKTOBER 2011


Polkakolle is prettig en kan deur oud en jonk gedra word. Belê gerus hierdie seisoen in ‘n groot of klein item met kolle en moet nie huiwer om dit met strepe of ‘n blommotief te kombineer nie.

Wat dra Friede-Mari? Rok van Non-European, beskikbaar in Mungo & Jemima, handsak van Afraid of mice, hakskoene van Aldo.

24 OKTOBER 2011


Ek voel soos Audrey Hepburn in Breakfast at Tiffany’s met die sjiek nommertjie. Die snit is baie noupassend, maar die gedrapeerde chiffon is vleiend en kan op vele maniere gedra word. ‘n Tikkie kleur in die bykomstighede maak die uitrusting modern en pret.

Wat dra Mareth? Noupassende rok van Christopher Strong, oorkrabbers van Glitterati, palmhandsak van Wild Alice, hakskoene van Luella.

21 OKTOBER 2011


Ek het besluit om ‘n vinnige uitrusting by mekaar te sit, met twee groot 2011 trends: gedrukte materiaal en deursigtige lap. Die twee is perfekte pasmaats.

Wat dra Elsabé? Oorbelle en skirt van Merchants on Long, bloes van Christopher Strong en skoene van Lillikoi.

19 OKTOBER 2011


‘n Maksirok is ‘n maklike look vir die somer, een besluit en jy’s amper reg vir die dag: ‘n gerieflikheid vir daardie laat-lê oggende as die tyd bietjie min raak om ‘n kreatiewe uitrusting te beplan. Gooi dan juwele aan en besluit of dit ‘n gemaklike-sandaal-dag of ‘n dapper-hakskoen-dag gaan wees. Gryp jou handsak en die uitrusting is finaal. So maklik soos dit.

Wat dra Friede-Mari? Maksirok van Mr Price, hoed is die stilis se eie, handsak van Sitting Pretty, leer beld van Suzaan Heyns en wighakke van Luella.

18 OKTOBER 2011


Dit is seker die eerste en die laaste keer wat ek so duur rok kan dra so ek moes dit net aanpas en rond speel… Ek sal die uitrusting na ‘n ongelooflike spoggerige partytjie toe wil dra en ek dink die hoed gee die vroulike uitrusting net bietjie “attitude”.

Wat dra Mareth? Korset en tulle romp van Jacques Lagrange, kuilhoed van Second Time Around, oorbelle van Kluk CGDT en ballet-styl skoene van Mr Price.

17 OKTOBER 2011


Vandag was ek lus om net bietjie rond te speel en te voel soos ‘n prinses! Dis glad nie uitrusting vir die kantoor of die mall nie, maar prettig vir ‘n “opdress”-partytjie!

Wat dra Elsabé? Krale detail strikdas (word hier as kopband gedra) deur Colleen Lesch, Top van Afraid of Mice en Tulle romp van KLUK CGDT.

14 OKTOBER 2011


Gretha sê: “Die koraal rokkie beklemtoon die figuur op ‘n stylvolle maar tog prettige manier. Dit word saam met klassieke swart hakke gedra, wat die aandag weer op die bene vestig.”

Wat dra Gretha?

Rokkie is van Lipsy, skoene van Luella en trui van Jo Borkett.

13 OKTOBER 2011


Gretha was vir ‘n dag lank ‘n intern hier by SARIE se mode-afdeling. Ons het toe sommer vir haar gevra om vir ons 2 modekas-uitrustings bymekaar te sit. Hier is die eerste een:

“Dié uitrusting is jonk en prettig en word met pragtige wighakskoene afgerond vir ‘n neutrale en sagte voorkoms,” sê Gretha.

Wat dra Gretha?

‘n Denim-kraaghemp van Woolworths, rooi denimbroek van Witchery, handsak van Paul’s Boutique by Stuttafords, wighakskoene van Zoom, armband van Lulu Belle en sonbril van Dior.

12 OKTOBER 2011


“Ek voel asof ek uit die laat 70’s spring met die uitrusting,” vertel Mareth. Die kombinasie van blompatrone en strepe is prettig en die retro-neiging is nou groot nuus.

Wat dra Mareth?

Gestreepte T-hemp van Marion and Lindie, blompatroon-broek van Traffic, skoene van Rage, halssnoer van Lulu Belle en hoed van Jo Borkett.

11 OKTOBER 2011


Kobaltblou is groot nuus dié somer! Hierdie rokkie is ‘n veelsydige “van-werk-tot-kerk”-item. In SARIE se Desember-uitgawe wys ons pragtige items in dié kleur.

Wat dra Friede-Mari?

Rok met rug-detail van Jo Borkett en kurkhakke van Rage.

10 OKTOBER 2011


Hierdie uitrusting is lekker vir die stad. “Ek voel vrolik en jonk met dié kombinasie, en die skoene is nie so hoog die keer nie.” Dieremotiewe is orals te sien – van beursies tot skoene en rokke. Onthou, enige diermotief kan op ‘n trendy manier gedra word.

Wat dra Elsabé? Hoed en rok van Jo Borkett, skoene van Queenspark.

7 OKTOBER 2011


“Sommer net vir die lekker daarvan het ek die verehoed op my kop gesit, want dit laat my dink aan die karakter Mag Wildwood in Breakfast at Tiffany’s.”

Hierdie somer gaan ons nog baie helder kleure sien en een van Mareth se gunsteling-kleure vir die seisoen is grasgroen en bessierooi. Die rok het ‘n klassieke snit, vleiende kleur en interessante moue.

Wat dra Mareth?

Noupassende rok van Jo Borkett, skoene van Rage en verehoed van Klûk CGDT. Juweliersware van Wild Olive.

6 OKTOBER 2011


Vandag se uitrusting het wéér ‘n sterk 50’s-silhoeët. Ons voorspel dat daar nog baie van dié dekade se invloede in die mode vir die volgende seisoen sal wees. Louis Vuitton se pragtige Lente/Somer 2012-reeks het juis gister (5 Oktober) ook ‘n sterk 50’s-gevoel gehad!

Wat dra Friede-Mari?

Polkakol-hemp van Rage, 50’s-styl romp van Thula Sindi en hakskoene van Luella.

5 OKTOBER 2011


“Koraal is een van my gunsteling-kleure vir die somer. Dis vrolik en jy kan dit dra na enige geleentheid. Die sy-lap is ook wonderlik vir ‘n warm dag, en met my blom-motief wighakke voel ek baie stylvol.”

Wat dra Elsabé? Oorbelle van Lulu Belle, ‘n sy-rok van Marion and Lindie en blom-motief wighakke van Rage.

4 OKTOBER 2011


“Ek is glad nie ‘n groot aanhanger van ‘n eenstuk nie, maar die kleur en materiaal het my oorreed om dié nommertjie aan te pas,” bieg Mareth. Gee jouself lengte met só ‘n uitrusting deur die hoogste hakke in jou kas te dra. Die goue bykomstighede maak die militêr-geïnspireerde uitrusting meer vroulik. 

Wat dra Mareth? Eenstuk en hakskoene albei van Guess, halssnoere van Lulu Belle en palmhandsak van Jo Borkett.

3 OKTOBER 2011


Strepe, strepe, strepe!!! Skaf dié somer ten minste één gestreepte item aan of kyk weer diep tussen jou ou klere vir vorige seisoene se gestreepte items. Strepe – dik en dun, in wit-en-kleurkombinasies – is hoogmode. Moenie bang wees om verskillende strepe saam te dra nie en onthou, hoe breër en meer kontrasterend, hoe meer fokus dit die oog op die strepe eerder as die figuur. ‘n Slim patroon vir enige figuur …

Wat dra Friede-Mari? Maksi-rok van Zillah, handsak van Habits en hakskoene van Rage.

28 SEPTEMBER 2011


Mode-assistent, Elsabé Kühn, dra ‘n gemaklike rokkie vir die somer en ‘n paar kern-items daarby. Die rok kombineer twee trends: ‘n gestreepte bokant en ‘n blommotief aan die onderkant. Kies ‘n elegante wyerand-hoed vir beskerming teen die son. Die bruin handsak is lekker groot om enigiets in te sit en wighakskoene maak jou uitrusting net soveel meer fantasties. 

Wat dra Elsabé? Hoed van Jo Borkett, rok van Mango, handsak van Marion and Lindie, wighakskoene van Levi’s.

27 SEPTEMBER 2011


“Ek het die rok gekies vir sy vleiende snit en interessante patroon. Die snit is klassiek en wys net die regte kurwes, terwyl die patroon dit ‘n lekker somerrok maak,” verklap Mareth van der Walt. Dra dit kantoor toe met ‘n snyersbaadjie of met hoed en ‘n sonbril vir skemerkelkies oor die naweek. En ‘n 70’s-styl-floppy-hoed is nét die ding om die voorkoms mee af te rond!

Wat dra Mareth? Noupassende rok van Jo Borkett, skoene van Luella, sonbril van Tiffany’s by Tag Heuer en ‘n hoed van Accessorize en halssnoer (word as armband gedra) van Lulu Belle.

26 SEPTEMBER 2011


Friede-Mari dra twee kern-items vir die somer: die vyftigerstyl-romp  en ‘n gestreepte T-hemp. Dié “uitskop-romp” is in een van die mooiste kleure van die seisoen: koraal! Die kort gestreepte T-hemp gee dit ‘n moderne voorkoms.

Wat dra Friede-Mari? Oorgroot-sonbril van Stella McCartney by Sunglass Hut, die gestreepte T-hemp van Marion and Lindie, die vyftigerstyl-romp van Christopher Strong en die hoëhak-sandale van Rage.

23 SEPTEMBER 2011


Elsabé Kühn dink die kobaltblou-rokkie is perfek die somer! “Blou is ‘n baie groot mode-neiging dié seisoen. Dra die rokkie met wighakskoene en min juweliersware in die dag of kikker dit op met dié goue halsnoere vir skemerkelkies.”

Wat dra Elsabé? ‘n Slooprok van Jo Borkett, wighakskoene van Levi’s en al drie halssnoere is van Lulu Belle.

22 SEPTEMBER 2011


Mareth van der Walt kies ‘n gemaklike T-hemp by dié trendy maksi-romp vol blinkertjies. “Meng formeel met informeel – dis ‘n prettige voorkoms vir dag én nag. En onthou, ‘n maksi-romp is eenvoudig iets wat jy in jou somerkas móét hê! 

Wat dra Mareth? T-hemp van Claudia Clothing. Maksi-romp met blinkers van Jenny Button. Kantskoene van Solo @ Brand Builder.

  • Monique

    Hierdie ‘look’ werk glad nie! Ek verstaan die konsep en dink die idee van n meer formele maksi-romp met n informele t-hemp kan indrukwekkend lyk, maar op hierdie foto lyk die dame soos iemand wat geensins weet hoe om n uitrusting aanmekaar te sit nie. Dis onvleiend, laat haar maag groot lyk en haar bolyf krom voorkom. Sal graag n ander probeerslag wil sien met verskillende items uit die t-hemp, maksi-romp en skoene afdeling. Ek is geen mode-kenner nie, maar hierdie foto inspireer my glad nie, inteendeel dit laat my ‘cringe’!

  • Rhona

    Ek stem saam met Monique – die dame het ‘ donker voorkoms so iets soos oranje kan miskien haar voorkoms beklemtoon, maar aikano die look hierbio is dull en boring…

  • Ansie

    Mense julle mis die hele punt hulle maak nie ‘n mode stelling nie elkeen wys slegs hul gunsteling item uit die mode stoor niemand het gesê die arme meisie wil ‘n model wees nie so chill net.

  • Lynette

    Met so lekker lewendige romp, kort daar ‘n bietjie Pizzaz in die toppie om die uitrusting af te rond. Dit lyk heeltemal te vaal. Verbeel ek my, of skyn daar donker onderklere deur die t-hemp? Mal oor die romp!

  • Christine

    Ek hou van die look. Dit is kwirky en probeer nie te hard nie. Ek oorweeg om self die Jenny Button romp aan te skaf. Mareth, dankie dat jy jou mode-idees so natuurlik met ons deel! Ek sien uit na die volgende uitrusting!

  • Wilma

    Monique en Rhona – ja, julle is reg, julle is geen mode-kenners nie!! Ek weet nie in watter klein dorpie julle groot geword het nie, of op watse plaas julle sit nie, maar julle mis heeltemal die punt! As julle nie iets goeds kan se nie, bly eerder stil.

  • Roxy

    Ek moet erken, ek lees nie die SARIE tydskrif nie, maar loer wel so af-en-toe op Sarie.com. Ek is baie exited oor dié nuwe artikel! Dankie vir die oulike uitrusting Mareth, ek wil graag die volgende outfit sien!

  • Isabella Niehaus

    Julle is soooooo ougat….so lekker om julle gesiggies te sien!!!!!!! Bella. xxx

  • Isabella Niehaus

    Ai ai….die negatiewes in ons samelewing…relax…as julle niks goed kan bydra bly stil…..of liewer wys wat julle sal doen…..????? Kannie wag om dit te sien nie!!!!

  • ree

    Hi Wilma. Elkeen is geregtig op ‘n opinie, en moet asb nie mense op klein dorpies en plase beledig nie, nie almal is so agter die tyd soos wat jy dalk mag dink nie, daar is geen reel wat se dorp en plaas vroue weet van niks meer as jeans en t-shirts nie, so asb hou jou kommentaar gefokus op die artikel en nie om mense persoonlik te beledig nie.

  • Joachim

    Amazing! Die meisies is so pragtig en ek dink die outifts wat hulle kies is regtig briljant en trendy! Keep up the good work, julle maak ons lesers trots!

  • Ansie de Villiers

    Ek dink die uitrustings lyk fantasties, Mareth ek is mal oor die Jo Borkett rok dit lyk na n pragtige rokkie wat ek sommer maklik sal gryp uit my klerekas en aantrek. Julle is puik!

  • Piet van Niekerk

    Julle almal se uitrustings lyk "stunning" en vir meisies wat nie professionele modelle is nie, doen julle ongelooflik goed. Ek is geen mode-kenner nie, maar ek leer baie van julle!. Ek gaan beslis vir myself ‘n maxi-romp kry en miskien so vrolike wit en blou nommertjie rok vir die somer. Ek stem saam met die ander dames – hou maar die negatiewe "bitsige" kommentaar vir julleself. Indien jy nie weet hoe om opbouende kritiek te kan lewer nie, bly liewer stil…..

  • Zillah

    Wonderlik! en ai as ek op die web ingaan en ek sien jou, Friedi, dan maak my hart sommer bokspringe!!
    Verduidelik bietjie die maksirok en Zillah. Verstaan nie mooi nie. Doet so Voort, meisiekind, ons hou jou dop!

  • Joy

    Hi, hoekom gebruik julle net wit modelle?

  • Lallie

    Ek stem Monique! Die uitrustings lyk baie vreemd en glad nie stylvol of eers in die mode nie! Wat gaan sarie volgende doen?! Lady Gaga as redakteur aanstel? Nee man, wat het geword van mode, styl en kenners?

  • johannesburg

    Monique,duidelik is jy glad nie ‘n mode-kenner nie. dalk moet jy iewers anders comment.
    en wat het die modelle se velkleur nou met die prys van eiers te doen? jalosie IS ‘n nare ding!!
    elsabe en mareth, wel gedaan! LOVE elke foto!!!

  • eline Kruger

    Hi Friedie – pragtig! Julle skitter – dit is wonderlik om te sien waar jy rondloop!!!! en hoe mooi jy lyk!!! Doet so voort!

  • Klara-Anna

    Ek stem glad nie saam met Monique nie, ek dink al die ‘looks’ wat hier voorgestel word is fantasties en probeer ten minste ‘n bietjie om die doodgewone Suid-Afrikaner te inspireer om uit die boks te dink en vir ‘n slag iets nuuts te probeer en meer oorspronklik te wees as al die ander mense wat dieselfde onoorspronklike toppies by Truworths koop… Wel gedaan Sarie-span!!

  • Monique

    Ek LOVE vandag se uitrusting! Dankie, ek voel geinspireer om te gaan inkopies doen… gaan sommer nou-nou uit die kantoor glip om so n baadjie te gaan soek!