FOTO Unsplash / Luis Llesena

FOTO Unsplash / Luis Llesena

Modestories

Mode: vermy dié 5 items by ’n lughawe

Die lughawe met sy reiskoors laat ons bars van opwinding, want dis “meestal” die beginpunt van ’n vakansie!

Maar onthou, ’n lughawe is nie ’n mode-loopplank nie. Vermy dié items as jy lughawe toe gaan.

#1 Maksirompe of -rokke

Indien die sekuriteit jou moet ondersoek, kan dit ’n baie ongemaklike storie raak.

Selfs Paris Hilton het al dié fout gemaak:

 

#2 Baie haarknippies (bobby pins)

Ja, indien jy te veel haarknippies dra, kan dit die metaalverklikker se alarm laat afgaan.

 

#3 Cargo-broeke of kortbroeke

Té veel sakke kan ’n dilemma veroorsaak. Die misplasing van jou vliegtuigkaartjie of selfoon kan onnodig jou stresvlakke laat styg!

 

#4 Hakskoene

Lughawens is nie klein nie, jy gaan baie bagasie hê, jou voete gaan pyn, die vloere is glad. Niemand wil voor mense val nie.

Wenk: Plaas jou hakskoene in jou handbagasie indien jy nié sonder hakke kan gaan nie!

 

#5 Halssnoere of armbande van metaal

Dit kan die metaalverklikker se alarm laat afgaan. Maak seker jy verwyder al jou juwele voordat jy deur sekuriteit moet gaan.

Maak jou lughawe-ervaring vir jouself baie geriefliker deur die bogenoemde wenke te volg!