FOTO Instagram @vanesahudgens

FOTO Instagram @vanesahudgens

Modestories

Vermy dié mode-items as jy kort is (Deel 2)

Kort, korter en kortste! Jy is letterlik voor in die koor as dit kom by kort wees. Goeie nuus: as jy nie nog korter wil lyk nie, moet jy net dié mode-items vermy!

Vermy:

#1 Horisontale strepe

Ek sê net vertikale strepe is ’n beter keuse!

Nee (X)

Ja (√)

 

#2 Knielengte-broek

Die lengte van die broek is glad nie vleiend nie, want dit laat jou bene korter lyk.

 

#3 Kuitstewels

Dra liewer die enkelstewel.

 

#4 Enkelband-hakskoene

’n Band om jou enkel laat jou bene korter lyk.

 

#5 Vloerlengte-maksi

Die kans dat jou soom op die grond gaan sleep, is baie goed. Die vloerlengte-maksi laat dit lyk of jy in jou klere verdrink.

 

#6 Lospassende “baggy” jeans

Indien jy dit nie in ‘n “petite”-grootte kan koop nie, vermy dié jeans. Koop eerder skinny jeans of uitklokjeans (LET WEL Jou voete moet wys as jy ‘n uitklokbroek dra.)

’n Algemene reël is om klere te vermy wat ’n “verdrink-effek” skep, want dan lyk dit of jy nie in jou klere pas nie en dís nooit goed nie!