Modestories

Verruil ongemaklike hakke vir dié skoen

Daar is niks so sleg soos om ongemaklike hoë hakke te dra nie, veral as jy in die middel van die dag besef jy kan letterlik nie ’n tree verder loop nie. En die ergste van als? As jy hemelhoog is en die hakke kry skielik ’n lewe van hul eie. En ná ’n paar wilde bewegings, soos dié van ’n pasgebore kameelperd, koop jy ’n stukkie grond met die grootste verleentheid.  


Ons kan nóú met groot opwinding deel dat die midihak terug is. Nou kan jy ‘n bietjie lengte kry met heerlike gemak. Jy hoef nie dié seisoen ‘n ekstra 20 cm by jou lengte te voeg en soos ‘n kameelperd te paradeer nie.

hakskoene 2

Dalk het die 90-jarige koningin Elizabeth dit geïnspireer, want dit is immers die hak wat sy al vir dekades lank dra!

Een van ons gunsteling-trendsetters, die Britse model en TV-aanbieder Alexa Chung, wys vir ons hoe om dit stylvol en modern te dra, want ons hoor al hoe fluister jy: “Is dit nie ‘n bietjie koekerig nie?”

’n Paar styllesse uit Alexa se dagboek

#1 Laat die skoen die praatwerk doen.  Dra dit saam met ’n swart uitrusting van kop tot toon. Kies ’n uitspattige paar soos ’n goue een of een met patrone. Dié wenk moet veral deur kort vroue toegepas word, want dit skep die illusie skep dat jy langer is. Lees hier vir ander stylwenke vir kort vroue.

#2 Selfs vir die aand lyk dit mooi. Speel hier met kleur om uit te staan.

#3 Hou dit modern. Kies ’n eenvoundige stylvolle uitrusting en laat jou enkels wys.

Lesse van straatstyl-modes

#4 As jy twyfel, dra jeans. Veral die trendy snitte soos ’n kêrelsnit en “step fray jeans” sal die skoene modern hou.

#5 Patrone saam met ‘n swart-en-wit kombinasie. ‘n Besliste stylwenner.

Gemaklik en mooi, wat meer wil jy hê?

Koop hier die items:

Swart midihak

Hakskoen, Tosoni by Spitz

Fraiing-midihak

Hakskoen, Mango

Punt-midihak

Rooi-en-swart midihak

Hakskoen, Mango

Wynrooi midihak

(R759), Zara

Grys midihak

Hakskoen, Carvela by Spitz

Brogue-midihak

Midihak met strik

Hakskoen, Mango

Wit midihak

(R1 199), Zara

Taankleurige midihak

Hakskoen, Mango

Swart midihak

(R659), Zara

Swart midihak

Hakskoen, Mango

Rooi midihak

Hakskoen, Mango

Turkoois midihak

Hakskoen, Mango

Vlootblou midihak

(R659), Zara