FOTO: Op Instagram @

FOTO: Op Instagram @

Modestories

Victoria Beckham slaan asems weg by NY-modeweek

Victoria Beckham is nie net ’n styl-ikoon, moeder en geliefde vrou nie, maar ook ’n uitstekende modeontwerper!

SAARTJIE love

Victoria het die afgelope week haar aanhangers op die punte van hul stoele gehad voordat haar modeparade begin het. Haar Instagram was byna soos ’n dagboek uitgelê, wat haar aanhangers ’n idee gee hoe chaoties dit eintlik voor ’n modeweek gaan. Die foto’s het ook die Instagram-volgelinge ’n voorsmakie gegee van wat om by die modeweek te verwag. Ons is dus baie bewus van die deeglike beplanning agter ’n modeparade.

 

 

Show time! x vb #VBAW16

A video posted by Victoria Beckham (@victoriabeckham) on

 

Victoria het tot haar uitleg van die modeparade op Instagram gedeel.

Ons was ook baie nuuskierig om te sien of haar oulike dogter, Harper Beckham, ’n verskyning op die loopplank sou maak. Volgens Victoria se Instagram het dit gelyk of ons haar dogter sou sien, maar tog het Harper op haar pa, David, se skoot gesit gedurende die modeparade.

’n Groot gehoor, met haar hele gesin voor in die koor, het Victoria gaan ondersteun.

Die Winter/Herfs 2016-reeks se kleurkombinasies is mosterdgeel, roesbruin, vlootblou en natuurlik swart. Die kleure is definitief ’n wen-kombinasie. Victoria het ook die kuns om ’n klassieke item te verander in iets moderns. Haar patroonkombinasies is asemrowend.

Skouerlose items was een van haar hoofontwerpe, asook die truirok, wat ’n groot tendens-voorspelling is vir winter 2016. Die modeparade was beslis nie ’n teleurstelling nie en was sjiek, modern en jy kan sien dit is iets wat Victoria sal dra.

 

 

Daar is ’n blink toekoms vir die Beckhams in die modebedryf!