FOTO Instagram / @bellahadid

FOTO Instagram / @bellahadid

Modestories

Video: Bella Hadid val op loopplank

Party van ons het die talent om egalig en grasieus op hoë hakke te loop. Maar ongelukkig lyk die meeste van ons soos ’n pasgebore kameelperd – lomp en reg om ’n stukkie grond te koop. En by elke modeweek is daar altyd ’n val óf drie, want modelle loop dikwels op belaglike stelte …

Een van die valle het ongelukkig aan die jonger sussie van Gigi Hadid behoort, Bella Hadid. Sy het tydens Michael Kors se vertoning in New York vooroor geval.

FOTO Instagram / @bellahadid

FOTO Instagram / @bellahadid

Hier’s Bella etlike sekondes voor die val:

Bella koop haar stukkie loopplank-grond

So het E! news oor die val berig:

Maar Bella is nie die eerste model met wie dit gebeur nie.

Suid Afrika se Candice Swanepoel het ook al lelik geval op die loopplank – lees hier. Ander topmodelle soos Naomi Campbell het ook al hul moses só teëgekom.

Kyk hier vir die hoeveelheid grond wat al op dié manier gekoop is:

Gelukkig het Bella die val met ’n glimlag hanteer!

Lees nou

Hillary (en die Demokrate) se hoes

FOTO’S: Gigi Hadid se bob

Taylor Swift verlos van jurie-pligte