FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Modestories

VIDEO: Marc Jacobs se laaste modevertoning by Louis Vuitton

Gister was nie net die laaste dag van die Paryse Modeweek nie, dit was ook die laaste Louis Vuitton-vertoning met die bekende ontwerper Marc Jacobs aan die stuur.

Dit was die eerste vertoning van die laaste dag by een van die gesogste modeweke ter wêreld. Die gehoor het na hul asem gesnak en met ’n swaar hart na die modes op die loopplank gekyk. Net die dag voor die vertoning het dié luukse modehuis aangekondig Jacobs, hul kreatiewe direkteur die afgelope 16 jaar, gaan Louis Vuitton verlaat.

Marc Jacobs

Marc Jacobs FOTO: Instagram

Marc is vanaf 1997 sinoniem met Louis Vuitton, alhoewel hy ook onder sy eie naam vir die handelsmerke Marc by Marc Jacobs en Marc Jacobs International Company ontwerp. Marc gaan nou eerder fokus op Marc by Marc Jacobs, wat besig is om drasties te groei.

Die nuwe kreatiewe direkteur van Louis Vuitton is nog ’n raaisel. Nicolas Gherquière, van die Spaanse modehuis Balenciaga, is blykbaar die voorloper vir dié posisie, maar geen amptelike nuus is al bekend gemaak nie.

Marc se nalatenskap

Voordat Marc by Louis Vuitton aangesluit het, het dié modehuis net luukse leerprodukte en reistasse verkoop. Dit was Marc wat die pasklaarreeks ontwerp het en só Louis Vuitton as modehuis gevestig.

Marc se swaneswang was ’n weerspieëling van sy teatrale persoonlikheid. Hy het die vertoning opgedra aan die vroue wat hom inspireer het – Kate Moss, Jane Birkin en Coco Chanel. Die vertoning was omtrent skouspelagtig met die modelle wat in kabaret-styl opgemaak was. Die dekor-elemente was ook afkomstig van al sy vorige vertonings deur die jare. En die swart-en-wit tema het herinner aan sy heel eerste Louis Vuitton-vertoning met dieselfde monochroom-motief.

Louis Vuitton se deure en muuspapier by Parys Modeweek Herfs/Winter 2013

Die monochroom-motief herinner aan Marc se heel eerste vertoning . FOTO: Instagram

Parys Modeweek: Louis Vuitton Lente/Somer 2014

FOTO: Instagram

Die 40-jarige model Eva Herzigová, wat nie meer loopplankwerk doen nie, het ’n spesiale verskyning op die loopplank gemaak.

Eva Herzigova as 'n verhoogmeisie vir die vertoning

Eva Herzigová tydens die skouspelagtige vertoning. FOTO: Instagram

Kyk hier na dié prag-vertoning:

Bron: Vogue