FOTO Instagram / @styledumonde

Modestories

VIDEO: Moeg vir jou ou jeans? Maak só!

Ons almal is bewus van die jeans-trend wat nou die strate oorheers, die step fray jeans.

Die step fray jeans word gedra deur bekendes soos, Emma Roberts, Alexa Chung en vele meer.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Dit sit soos alle jeans in jou middel of om jou heupe, en die snit kan noupassend/reguit-pyp/uitklok wees. Die enigste verskil tussen die step fray jeans en ’n gewone denimbroek is die soom. Die uitgerafelde soom se voorkant is aansienlik korter as die agterkant, of omgekeerd.

Die step fray jeans se pype kan ook korter as dié van gewone jeans wees, dan noem die modekenners dit crop step fray jeans.

Frayed Edges | @chrisellelim in The Insider Crop Step Fray in Not Rough Enough

A photo posted by MOTHER (@motherdenim) on

Die lekkerte van die trend is dat jy dit self kan maak!

Jy benodig:

♥ Jeans (oud of nuut)

♥ Skêr

♥ Liniaal en ’n pen/item waarmee jy kan afmerk waar jy gaan knip

 Kyk hier na die video hoe om die step fray jeans te maak:

Gaan haal jou ou jeans, want op trend wees was nog nooit só maklik nie!