FOTO: Twitter

Modestories

VIDEO: SA ontwerper maak New Yorkers opgewonde oor mode

New York het báie, maar hulle het nie David Tlale nie!

Die Suid-Afrikaanse ontwerper David Tlale is een van die ontwerpers wat gevra is om die gesogte New York Modeweek af te skop – en die mode-industrie is gaande oor sy ontwerpe!

Een van David se drome is om ‘n vertoonkamer en boetiek in een van die wêreld se grootste modestede, New York, oop te maak. En dalk is dié droom nie te ver in die toekoms vir dié man van Volsoorus nie.

David besig met te werk aan sy uitstalling

FOTO: @lihle_z op www.instagram.com

David se sukses lê daarin dat hy net so ‘n goeie ontwerper as ‘n besigheidsman is. Hy ken sy handelsnaam en hy ken die vroue vir wie hy ontwerp: sy is vreesloos as sy by ‘n deur instap en almal kyk na haar.

Een van sy skeppings

FOTO: @mbfashionweek op www.instagram.com

David ken ook sy wortels en hou by sy Afrika-herkoms. Hy is vinnig besig om een van Suid-Afrika se beste uitvoerprodukte te word!

Ons is mal oor die detail op sy rokke en die gesofistikeerde uitrustings. Die rokke vlei ook die vroulike figuur.

Asems was weg geslaan met die detail op sy klere

FOTO: @mbfashionweek op www.instagram.com

HIERDIE is ‘n video van sy uitstalling in New York:

Kyk hier ook na ‘n onderhoud met David tydens sy uitstalling:

WAT DINK JY VAN DAVID TLALE SE ONTWERPE? 

(Hooffoto: @lihle_z op www.instagram.com)