FOTO: Instagram

Modestories

VIDEO: Vera Wang, nie nét ‘n trourok-ontwerper nie

Die spanning en afwagting vir Vera Wang se modevertoning by die Mercedes-Benz-modeweek in New York was groot. Hoe dan anders vir een van die wêreld se bekendste trourok-ontwerpers? 

Die sterkste tendens by die New Yorkse Modeweek is die fokus op die vroulike figuur. Stywe ontwerpe wat die vroulike liggaam se silhoeët naboots, is ou nuus. Terug is klere wat die vroulike figuur in al sy glorie en kurwes vlei.

Dié tendens is baie sexy sonder om te veel vel te wys. En dít is ook in Vera Wang se nuutste versameling te sien.

Vera Wang

‘n Pragtig gedetailleerde, ligte en vloeiende reeks is op die loopplank vertoon. Die klere was in verskillende kleurskakerings: van swart na blou, wit en grys, geel, rooi en terug na swart om die reeks af te rond.

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Die reeks het met ‘n wit gestruktureerde rok tot ‘n einde gekom. Dit was Vera Wang se Lente/Somer 2013/2014 reeks en het bewys dat sy nie nét ‘n trourok-ontwerper is nie. Die klere was gemaklik met interessante lae en snitte, maar dit was nie sonder haar kenmerkende detail nie.

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Vera het ook vandeesjaar by die CFDA(Raad van Mode-ontwerpers van Amerika)-toekenningsaand met die Geoffrey Beene Lifetime Achievement Award weggestap.

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Dié speelse en dromerige video is vir die oorhandiging van haar toekenning gemaak:

Neem nou jou sitplek in die voorste ry in vir Vera Wang se modevertoning by New York Modeweek:

Foto’s: @verawanggang op www.instagram.com en www.twitter.com

Bron:idesigntimes