FOTO: Instagram @mrstreetpeeper

FOTO: Instagram @mrstreetpeeper

Modestories

SOS: Oplossings vir jou mode-noodgeval

Die verleentheid van ’n soom wat uit is, ’n ritssluiter wat vashaak of onnodige cleavage danksy ’n knoop wat afspring, kan alles vermy word met dié wenke.

7 mode-verleenthede wat jy maklik kan vermy

#1 Klere wat kleef

Staties. Ons almal ken dié gruwel as jou rok, hemp, broek of romp aan jou kurwes vaskleef.

Oplossing: Haarsproei werk soos ’n bom! Spuit dit aan die area waar die item aan jou kleef. 

#2 Soomloos

Jy het per ongeluk aan die verkeerde garing getrek en nou is jou hele soom uit. Wat nou?

Waltons : Double-sided tape R16.89

Waltons : Double-sided tape R16.89

Oplossing: plak sterk alkant-plakband (double-sided tape) aan die agterkant van die soom en vou dit weer om. 

#3 Leerskoene met skrape

Jou skoene lyk onnet, want daar is skrape op.

Foto : Unsplash deur Daniela Cuevas

Foto : Unsplash deur Daniela Cuevas

Oplossing: Smeer tandepasta op ’n sagte lap en vee dit oor die skrape (LET WEL: dit werk net op leerskoene!)

#4 Nuwe skoene maak jou hakke seer

Jou nuwe skoene is nog nie ingestap nie en jou hakke is nerf-af en seer …

Oplossing: Smeer aanrol-deodorant aan jou hakke, dan glip jou skoen nie uit nie. Indien die skade reeds aangerig is, kry groot pleisters en plak dit op die seerplekke. 

#5 Jou oorbel se butterfly is weg

Jy kon net jou oorbel red, maar jou oorbel se agterstuk kry jy nêrens nie.

Oplossing: ’n Uitveër werk uitstekend. Knip dit kleiner of gebruik die klein uitveër wat agteraan ’n potlood is.

#6 Jou ritssluiter haak vas

Jy is besig om engtevrees te kry, want jou kledingstuk se ritssluiter wil nie los nie!

Oplossing: Gebruik ’n koekie seep en smeer dit oor die area waar die ritssluiter vashak. 

#7  Knoop-af

Vermy onnodige cleavage wanneer jou knoop afval.

Oplossing: Die doodeenvoudige doekspeld!

Maandag deel ons nóg 8 wenke vir jou mode-noodgeval.