Modestories

Vir Daardie Tussenindae

Aandster
Bruin
is ’n goeie alternatief vir die veelsydige swart rokkie.
Sit luiperdmotiefskoene daarby en jy beweeg
stylvol van dag na aand
. Bruin mantelmou-rok (R799),
Country Road @ Woolworths.
Luiperdmotiefskoene
(R699) en bruin  handsak
van nagemaakte leer met metaalbruin handvatsels (R529),
Daniella Michelle @ Zoom. Kralehalssnoer (R130), Lulu Belle.
Groottes
Rok: S – L

Sagte Aanslag Sagte Aanslag
Die gewilde militêre voorkoms is nou vrouliker.
’n Oorgroot bloes versag jou
staatmakernoupypbroek in kakie.

Sampioenkleurige oorgroot hemp (R399), Slick.
Kakiekleurige broek (R280), Milady’s. Armband
van chiffon en goue skakels (R110), Sass Diva.
Lang string donkerbruin krale (R95), Lulu Belle.
Roesbruin leerhandsak (R2 500),Lulu Belle.

Groottes
Bloes: Een grootte pas almal
Broek: 32 – 44

   
Rooi Aksent
Dieprooi is ’n sterk aksentkleur wat lewe gee aan
die neutraleskakerings in jou kas. Só ’n
knooptruitjie kan jy die hele seisoen, dag en
aand, dra.

Roomkleurige T-hemp met drukwerk (R590), Lunar.
Dieprooi knooptrui (R450), Twist@Woolworths.
Bruin broek (R799), Country Road @Woolworths. Armbandjie met blomme en steentjies (R850),
Lulu Belle. Bruin handsak (R149,95), Edgars.
Groottes
Broek: 32 – 44
T-hemp: 32 – 36

Rooi Aksent
   
Vrolik Vroulik

Vrolik Vroulik
Die klem is op vroulikheid, selfs meer as vorige seisoene. ’n Aandagtrek-romp soos dié werk goed saam met ’n sagte roomkleurige bloes – ideaal vir werk of vir uitgaan.

Bloes
met kant-insetsels (R690), Jo Borkett. Rooi-enkameelkleurige gestreepte volromp
van tafsy (R2 800), KLûK CGDT. Kameelkleurige ooptoonhak (R349), Queue. Taankleurige leerbelt
(R329), Country Road@Woolworths.
Leerbandjie-horlosie
(R1 200), Jacques Lemans.

Groottes

Bloes: 30 – 38
Romp: 30 – 38

   
Strepiestreffer
’n Treffende streeptrui gee ekstra
opwinding
aan ’n eenvoudige effekleur-lyfpak (jumpsuit). Dié trui kan jy saam met al jou ander neutrale uitrustings dra.

Lyfpakkie (prys teen druktyd nie bekend), Phenomena @ YDE. Rooi-en- kameel strepiestrui
(R699) Yarra Trail. Skoene (R600), Pringle.
Dun bruin leerbelt (R390), Jo Borkett. Donkerbruin handsak (R529), Zoom.

Groottes
Lyfpak: S – L
Trui: S – L

Strepies-Treffer
   
Elegant Elegant
Dis die seisoen van die rok – ook met ’n motief. Dra dit saam met ’n stylvolle jas of baadjie in ’n aardse kleur.
Rok met fyn blommotiewe en belt (R799), Mango. Roomkleurige baadjie (R599), Edgars. Skoene (R1 099), Nine West Bruin leerhandsak (R1 390), Jo Borkett.
Groottes
Rok: 8 – 18
Baadjie: S-XL
   
   
   

Klassiek

Met ’n klassieke trui in ’n neutrale kleur kan jy
nooit ‘n fout maak nie. ’n Breër belt daarby
gee dit dadelik ’n meer formele voorkoms. Kameelkleurige trui (R689), Marco Polo
@ Stuttafords. Lang rooi romp van
katoenmengelstof (R390), Slick. Kameelkleurige
belt van kunsleer (R299), Slick. Lang hangertjie (R500),Lulu Belle.
Groottes
Trui: S – XL
Romp: S – L

Klassiek

 

       
Dis die Detail Dis die detail …

Interessante detail maak van ’n eenvoudige goudbeige rok ’n meesterstuk. Rok in twee lae met
krale en borduur-detail (R2 300), Robyn Caris.