Modestories

Waarskuwing: Dié 1980’s-baadjie is terug!

Of jy daarvan hou of nie – elemente van die 80’s kom terug en dié keer is dit in die vorm van ’n baadjie: die vliegbaadjie (bomber jacket). Bekendes soos Gigi Hadid, Cara Delevingne, Kendall Jenner en Karlie Kloss is gaande oor dié baadjie! En die manne bly nie agter nie, want ouens soos Justin Theroux en die omstrede Justin Bieber is ook groot aanhangers van dié kledingstuk.

In die 80’s het gewilde TV-reekse soos Who’s the Boss en Full House veroorsaak dat byna elke man so ’n baadjie wou hê.

In gewilde TV-reekse soos Glee is die bomber jacket ’n erebaadjie wat die eerste span van Amerikaanse voetbalspelers gewoonlik dra.

'n Toneel uit die TV-reeks Glee.

‘n Toneel uit die TV-reeks Glee.

Het jy geweet?

Bomber jackets was oorspronklik van leer en is gedra deur vlieëniers. In die 1970’s was dit deel van die “uniform” van die Britse anti-establishmentgroep, die skinheads, wat dit saam met Dr Martens-stewels gedra het.

Dit is nou beskikbaar in meer as net leer. Van blinkers, satyn en selfs met borduur-en-kralewerk-detail. Daar is een vir elke smaak.

A photo posted by @karliekloss on

Justin Theroux en Justin Bieber wys dat dié baadjie ook vir mans werk, al is hul style ook hoe uiteenlopend.

Ons top-vliegbaadjies vir hom en haar:

SARIE-modespan se gunsteling - Vir haar: Wit baadjie van blinkerstof

Vir hom: Kakie baadjie

Bomber jacket, Alpha Industries by spree.co.za

Vir haar: Blompatroon-baadjie

Vir hom: Blou baadjie

Bomber jacket , Alpha Industries by spree.co.za

Vir haar: Satynbaadjie met borduurdwerk op rugkant

Vir hom: Baadjie met 'n kappie

Vir haar: Baadjie van egte leer

Vir haar: Swart baadjie

Bomber jacket , ZANZEA by spree.co.za

Vir haar: Roomkleur baadjie

Bomber jacket, Mr Price / MRP.com

Vir haar: Kakie baadjie

Bomber jacket, Mr Price / MRP.com

Vir hom: Swart baadjie

Bomber jacket, Mr Price / MRP.com

Vir haar: Baadjie met kentekens