Modestories

Waarskuwing: moenie nog van dié broeksnit koop nie

‘n Nuwe seisoen is op ons drumpel en die winkels raak vinnig vol nuwe klere. Die gróót vraag is: Wat moet ek koop, en wat moet ek nie koop nie? SARIE se modespan gee ‘n paar vinnige wenke om jou te help met die kies van ‘n broeksnit.

Toe die noupyp-styl ‘n paar jaar gelede die eerste keer kop uitgesteek het, was almal baie skepties oor dié snit. Nou besit al wat leef byna een in elke kleur en patroon. Ek gaan dalk nou ‘n paar mense ontstel, maar dit is nou tyd om weer ander style langbroeke te probeer.

via GIPHY

Ek moet erken ek is so ‘n klein bietjie ontsteld, want ek is verlief op my swart noupassende jeans. Ek het so ‘n groot obsessie daarmee dat ek byna een vir elke dag van die week het!

Maar met ‘n nuwe seisoen kom daar nuwe tendense en so ook snitte. Dis nou eers tyd om ‘n nuwe snit te probeer en nie nóg ‘n noupassende broek te koop nie.

Inspirasie uit die sewentigs bring die uitklok-broek terug. Dra dit altyd met hakskoene om jou bene lengte te gee en die snit vleiend te maak.

Die wyepypbroek is die perfekte broek as jy nuwe lewe wil blaas in jou kantoorstyl. Dit lyk baie sjiek saam met ‘n baadjie en ‘n vroulike bloes. Weer eens werk hakke die beste saam met dié snit omdat jy lengte nodig het om dit vleiend te laat lyk.

 

Onthou dat snitte heel wat losser is en vir naweekgemak is die broek met sweetpakstyl (jogger) heerlik. Die snit werk die beste saam met tekkies. Ons beveel veral tekkiestyle aan soos Adidas Original Stan Smith of Converse Chuck Taylor All Star.

Enkellengte-patroonbroeke. Dié snit werk ewe goed met ‘n hak of plat skoen.


Onthou, jy hoef nie nou jou noupassende broeke uit die kas te gooi nie. Dit is nog in die mode, maar die nuwe broeksnitte hierbo gaan jou klerekas ‘n moderne aanslag gee vir winter 2016.

Wil jy eerste in dié modekoor wees? Koop hier vir jou een van die broeke in die nuwe snit:

Uitklok-jeans (R599)

Ligte uitklok-jeans (R899)

Uitklok-jeans , Witchery by Woolworths

Patroonbroek (R849)

Patroon broek , Mango te koop by spree.co.za

Patroonbroek (R899)

ITEM , Country Road by Woolworths

Wyeypypbroek (R499)

Wyepypbroek (R1 399)

Wyepypbroek , Trenery by Woolworths

Patroonbroek in sweetpakstyl (R129,99)

Broek met sweetpakstyl , Mr Price / MRP.com

Patroonbroek in sweetpakstyl (R129,99)

Broek met sweetpakstyl , Mr Price / MRP.com