Hillary Clinton op die  Jimmy Fallon Show. FOTO Instagram / @hillaryclinton

Hillary Clinton op die Jimmy Fallon Show. FOTO Instagram / @hillaryclinton

Modestories

Wat?!? Hillary Clinton se klere inspireer Beyoncé

Ja, julle lees reg. Hillary Clinton se broekpakke maak vanjaar groot opslae. Selfs bekendes, oud en jonk, volg in die Demokratiese presidentskandidaat se stylspoor.

By verlede week se Get Out The Vote Concert het Beyoncé (35) saam met Hillary Clinton op die verhoog verskyn in ’n broekpak.

Kristen Stewart (26) het ook vroeër vanjaar ’n rooi broekpak gedra.“Die power suit kom beslis terug. Dankie, Hillary!” het Kristen se stilis, Tara Swennen, aan Vanity Fair gesê. “Ek dink wanneer enige man of vrou ’n pak dra, gee dit dadelik daardie gevoel van mag en krag.”

Die volgende bekendes wys dat ’n broekpak geensins vervelig hoef te wees nie. Wat ook al jou styl of ouderdom – jy kan ’n broekpak so stileer dat dit vir jóú werk.

Die 38-jarige aktrise en model Liberty Ross (Snow White and the Huntsman) skitter vir die aand in ’n broekpak van blinkers.

Aktrise Jennifer Garner (44) lyk stylvol in ’n swart broekpak met ’n mantel geïnspireerde aandpak-baadjie.

Die 25-jarige Victoria’s Secret-engel, Sara Sampaio, lyk sensasioneel in ’n wit broekpak.

The Theory of Everything-aktrise Felicity Jones (33) dra ’n patroonbroekpak by die British Academy Britannia-toekennings in Oktober.

Die 52-jarige aktrise Vivica A. Fox (Independence Day) waag in kleur met ’n groen broekpak en bypassende onderbaadjie.

Kristen Stewart (26) wys dat selfs die kombinasie van T-hemp en broekpak ’n wenner is.

Marnie Dickens (30), skrywer van die Britse TV-reeks Thirteen, verkies ’n paar silwerkleurige brogues saam met haar broekpak.

Een van ons gunsteling-advertensieveldtogte is Kendall Jenner (21) in ’n broekpak.

Kendall-Jenner
Ons sê “dankie, Hillary” vir die oorwinning van die broekpak in 2016!