FOTO Instagram / @cyclingshots

Modestories

Wat?! Ry fiets in ’n ontwerpersitem

Die Amerikaanse modeontwerper Alexander Wang het wéér ’n sportreeks saam met Adidas Originals uitgebring. Nadat ons die reeks onder oë gehad het, wil ons sommer self begin fietsry net om só ’n nommertjie te kan besit. 

Die reeks bestaan uit 27 uniseks-items in totaal, in helder kleure soos neongeel, -pienk en -blou, maar ook swart, grys en wit. Dis hoofsaaklik draf- en fietsryklere, maar die eenstuk is beslis ons gunsteling!

Die reeks was so gewild dat alles binne ’n maand uitverkoop is. Nou wag aanhangers geduldig om uit te vind wanneer die volgende reeks bekend gestel word.

Wat dink julle van die onesie?

Klik hier om van die eerstes te wees wat weet wanneer die volgende reeks bekend gestel word.

Kom ons hoop ons is volgende keer betyds om een van die items te besit!