FOTO Instagram / @kimkardashian

FOTO Instagram / @kimkardashian

Modestories

Wat’s op jou naels, Kim?!

Net toe ons gedink het die koningin van selfies, Kim Kardashian, het ons genoeg geskok met haar waaghalsige trends, doen sy dit weer. En dié keer lyk dit soos iets uit ’n Stephen King-riller.

As sy nie byna kaal rondloop, korsette oor haar T-hemde dra of in geskeurde jeans in die openbaar verskyn nie … kry sy ringetjies in haar naels.

Ja, jy hoor reg! Vader alleen weet hoe sy haar arme kinders gaan optel? Die modespan dink nie hierdie idee is baie prakties nie. Maar kon ons iets anders van Kim verwag?

Wat is volgende?

Nóg ’n lid van die Kardashians het onlangs die nuus gehaal. Daar is net een “Kylie” en dis nou Kylie Minogue. Dié Australiese sanger het ’n regsgeding teen die realiteitster en entrepreneur Kylie Jenner gewen oor die gebruik van die naam “Kylie” as handelsmerk. Lees meer hier.

Lees nou

Hoe lank staan jy voor jou grimeerspieël? Spaar só tyd!

Ma Candice Swanepoel spog met Anacã

Is jy ook skuldig? Dís die mees algemene wagwoorde …