FOTO: Instagram / @victoriasecret

Modestories

Só weet jy wat jou bra-grootte is

Dis nie altyd maklik om die perfekte bra te vind nie. En ons almal weet die verkeerde bra kan baie onvleiend lyk, terwyl die regte een ons sommer hope selfvertroue gee. 

Die goeie nuus is jy kan jou perfekte bra-grootte kry sónder iemand se hulp! Die geheim is om jou mates akkuraat te neem.

Volg hierdie maklike stappe om jou bra-grootte te bepaal:

Stap 1:

♥ Kry ’n maatband

Gaan staan voor ’n spieël sodat jy seker kan maak dat die maatband reguit is.

Stap 2:

♥ Dra jou gunsteling-bra

Kies een met ’n onderdraad en sonder ingeboude kussinkies. Moenie ’n bralet of sportbra dra nie.

Stap 3:

♥ Meet die band se grootte in duim (dis die mate wat sê 34, 36, 38, ens.)

Hoe meet jy dit?

Plaas die maatband op die band van jou bra. Maak seker dis reguit en nie gedraai nie. Neem die mate reg om jou lyf.

ONTHOU Bra-groottes word internasionaal in duim (inches) gemeet.

(1 duim = 2,54 cm)

Indien jy 33 duim meet, moet jy dit afrond na 34 (jy rond dit af na die hoogste ewegetal).

Moenie die mate afrond na die kleiner ewegetal nie, tensy die desimaal kleiner is as 0,2 (33,1 word dus 33). 

Stap 4:

♥ Meet jou borsgrootte, ook in duim

Jou borste se grootte sal deur die maand wissel. Moenie jou borsgrootte meet wanneer jy menstrueer nie, want dan kan jou borste groter as normaalweg wees.

Let ook op jou postuur: Jy sal die akkuraatste mate neem as jy regop staan of vooroor buig.

Jou keëlgrootte word bepaal deur die verskil in duim tussen jou bors- en bandgrootte.

Borsgrootte – bandgrootte = keëlgrootte

As jou borsgrootte minder as 1 duim groter is, is jy ’n AA

1 duim groter: A

2 duim groter: B

3 duim groter: C

4 duim groter: D

5 duim groter: DD

ONTHOU Rond dit af na die grootste getal toe!