Modestories

Wen-winter in SA!

LANGMOUROK (foto bo)
Middernagblou rok van glanssatyn (R695), 
Leigh Schubert. (By Foschini is daar ‘n soortgelyke rok vanaf R360.) Bonkige halssnoer van sink-en-glas (R399), Accessorize. Swart patroonkouse (R70), Cameo.
Rok: groottes 32 – 36
 
[box:250:grey:left]

Die fokus is dié winter op skouers. In ‘n sexy rok met lang pofmoue is jy warm in die kol.”
Leigh Schubert

[/box]

Vierkantige Top

Vierkantige Top

Grys vierkantige top (R650), Black 
Coffee. (By Edgars is daar ‘n 
soortgelyke top vanaf R229,95.) 
Swart spanbroek met slangvelpatroon 
(R219,95), Rage. Swart leer-armband 
met klinknaels (R590), Jo Borkett.
Swart hakskoene van kunssuède 
(R349),Queue.Grys-en-swartsyserp 
met luiperdvelmotief om die enkels 
gebind (R145 elk), Me Jane.

Top: Een grootte pas almal
Broek: S – XL

[box:250:grey:left]

Dis die ideale oorgroot item. Dis gemaklik en lank sodat jy dit saam met ‘n spanbroek as top kan dra of saam met hakskoene en ‘n belt as rok.”
Danica Lepen van Black Coffee

[/box]

Die Tuxedo

Die Tuxedo

Swart denim met knoopdetail 
(R1 900), KLûK CGDT. (By Foschini 
is daar ‘n soortgelyke broek vanaf R220.)
Wit hemp van katoenmengelstof (R550) 
en swart militêre baadjie van kunsleer 
(R850), albei Pari & Max @ YDE. Swart 
brogue-skoene van blinkleer (R810), 
Katie & Ali @ Mungo & Jemima. Vergulde 
Oorbelle (R200), Tessa Design.

Broek: grootte 32
Hemp: S – L

Baadjie: S – L

[box:250:grey:left]

Ons is baie lief vir die tuxedovoorkoms en dis ons interpretasie van motorfietspunk.”
Christiaan du Toit van KLûK CGDT

[/box]

Onderbaadjie

Onderbaaidjie

Donkergrys gilet van wol (R890), Lunar.
Grys top met swart patroon (R329,95), Rage.
Swart potloodromp (R219,95), Kelso 
Career @ Edgars. Pienk baret van wol 
(R150), Lulu Belle. Swart rek-belt met 
gespe van kralewerk (R395), A-list.

Gilet: groottes S – L
Top: S – XL
Romp: 6 – 16

[box:250:grey:left]

Manlike onderbaadjies is groot nuus. Die gilet is
die vroulike antwoord
daarop – dis sag maar parmantig.

Karen ter Morshuizen van Lunar

[/box]

Enkelstewel

Enkelstewel

Swart stewel van suède met klinknael-
detail (R980), Errol Arendz. (By Zoot is 
daar ‘n soortgelyke stewel vanaf R339,95.) Pienk Skederok van katoen-en-wolmengsel 
(R1 695),Slate. Swart ondeursigtige kouse 
(R39,95), Falke.Swart sokkies bo-oor kouse 
(R99),Accessorize.

Rok: groottes 32 – 34

[box:250:grey:left]

Hierdie pragtige stewel sal sonder twyfel ‘n impak maak in die dag, selfs in die aand. Errol Arendz

[/box]

Aandjas

Aandjas

Swart tafsy-baadjie met kralewerk 
(R4 999), Gavin Rajah. (By Woolworths 
is daar ‘n soortgelyke jas vanaf R699.)
Swart moulose rok met val-detail (R550), 
G.Couture. Swart sykouse met harlekyn-
patroon (R70), Cameo.

Jas: groottes 32 – 40
Rok: 30 – 40

[box:250:grey:left]

Só ‘n jas pas by elke geleentheid.
Dit kan op sy eie as rok gedra word of as jas bo-oor jeans.
Gavin Rajah

[/box]

Tulle Romp

Tulle-romp

Swart romp van maasstof (R7 980), Clive 
Rundle. (By Foschini is daar ‘n soortgelyke 
romp vanaf R240.) Grys V-nek-trui van 
wolmengelstof met klinknaels (R895), Slate. Swart-en-wit palmhandsak met 
tandruitpatroon (R399), Accessorize. 
Grys kouse met riffelpatroon (R70), Cameo.

Romp: groottes 32 – 40
Trui: 32 – 34

[box:250:grey:left]

Hierdie romp kikker ‘n uitrusting op. Elke vrou behoort ‘n romp van tulle te hê om onder haar geplooide romp te dra.
Clive Rundle

[/box]