sr0903mode04
Modestories

Wit & kraakvars

Mooi gestrik
Verlustig jou in die vroulikheid van ’n nekstrikbloes. Strik dit by die halslyn, of laat die lint met ’n eenvoudige knoop lank hang. 

Satynhemp met nekstrik (R680), Carducci. Swart kant-skederok (R680), Daniel Hechter eksklusief by TRUWORTHS. Swart ondeursigtige sykouse (R59), Cameo @ Burhose. Silwerring met pers steen (R1 260), Anpa.

Hemp: groottes 30 – 40
Rok: 30 – 42
Kouse: S – XL

Mode-sessie Maart 2009

&aposn Valle bloes - die seisoen se moet-hê item. Tuxedo-geïnspireerde hemp - perfek van dag tot aand
 

JY’S BELANGRIK

‘n Voorkoms met trefkrag. Dra ’n rok met ’n lae hals oor ’n vallebloes, dié seisoen se hê-item.

Vallehemp (R280), Foschini. Blou voorskootrok (R880), Holiday @ Mungo & Jemima. Pers leerbelt (R695), Lulu Belle. Beige leer-oorbelle met strikkie-patroon (R190), Kat Collette @ Misfit. Swart sykouse met kanteffek (R69), Cameo @ Burhose. Swart Mary Jane-skoene van blinkleer (R299),TRUWORTHS. 

Hemp: groottes 8 – 16
Rok: S – L
Kouse: S – XL

SKEMERKELKIE

Perfek van dag tot aand. Dra saans ’n tuxedo-geïnspireerde hemp by ’n wyepypbroek van sy.

Tuxedo-styl hemp (R320), TRUWORTHS. Vere-oorbelle (R120), The Secret Room. Blou wyepypbroek van sy
(R2 200), KLûK CGDT.

Hemp: groottes 30 – 42
Broek: 32 – 40

Die klassieke wit hemp! Strik &aposn lospassende hemp sag om die middel.


WERK TOE

Klinkklare wenner – die klassieke wit hemp! Vir iets anders, dra ’n serp pleks van ’n halssnoer.

Klassieke snit hemp (R899), Habits. Swart uitsnywerk-romp (R1 099), Country Road @ Woolworths. Armbande met swart-en-wit patroon (R45 elk), Misfit. Pers sykouse met kant-effek (R69), Cameo @ Burhose. Swart-en-wit blinkleerskoene (R299),
TRUWORTHS. Blompatroonsyserp
(R75), Lulu Belle.

Hemp: groottes 34 – 40
Romp: 4 – 16
Kouse: S – X

FAMILIEKUIER

Strik jou lospassende hemp sag om die middel en kombineer met
blompatrone.

Blompatroon-broek (R845), Maya Prass. Oorgroot wit  met middelband (R1 500), KLûK CGDT. Pers blom-borsspeld (R50), Foschini.

Hemp: groottes 32 – 40
Broek: 34 – 42

Sak en lapeldetail. Hou dit vroulik met vlermuismoue.


ETE-AFSPRAAK

Sak- en lapeldetail gee woema aan ’n klassieke hemp. Trek die aandag na jou middel met ’n kimono-lyfband.

Wit hemp met lapel- en sakdetail (R349), Caterpillar. Swart driekwartbroek van satyn met fyn potloodstrepe (R695), Maya Prass. Kimono-lyfband met blompatroon (R200), Two girls @ The Space. Pers sykouse met kant-effek (R69), Cameo @ Burhose. Halssnoere van ou muntstukke (R800 elk), Black Bird @ Mungo & Jemima. Swart puntskoene (R270), TRUWORTHS.

Hemp: groottes S – XXL
Broek: 32 – 40
Kouse: S – XL

AANDKUIER

Hou dit vroulik met vlermuismoue wat sag oor skouers drapeer.

Hemp met kort vlermuismoue
(R575), Unknown @ Mungo
& Jemima. Grys reguitpypbroek
(R270), Foschini. Dun swart blinkleer-belt (R280, deel van ’n hemp), Foschini. Bonkige kralehalssnoer (R79,95), Edgars.
Pers palmhandsak met ritsdetail
(R899), Country Road @ Woolworths. Leer-oorbelle (R300), Missibaba @ Misfit.

Hemp: slegs grootte 34
Broek: 8 – 16

Romanties - Wit hemp by &aposn tulle-romp

NET JULLE TWEE

Christian Dior het in die 50’s koning gekraai met hierdie silhoeët. Skep ’n romantiese voorkoms met ’n wit hemp by ’n tulle-romp. Hemp met drapeer-detail en driekwartmoue (R695), Carducci. Tulle-romp (R530), Notorious @ The Secret Room. Swart belt met grafiese gespe (R150), Pulsate. Silwerarmband met wit saffierstene (R3 900), Anpa. Silweroorbelle met iolietstene (R950), Anpa. Swart punthakke van blinkleer (R260), Foschini.

Hemp: groottes 30 – 40
Romp: op bestelling