Kim Kardashian. FOTO Instagram / @kimkardashian

Modestories

Wow! Ons weet nie waar om te kyk nie, Kim …

Ná maande het Kim Kardashian gister weer haar verskyning op sosiale media gemaak. Dit is nie op haar eie platforms nie, maar op dié van die Britse tydskrif Love.

Sy en haar jonger suster Kendall Jenner is deel van Love se aanlyn Adventskalender vir 2016. Ander bekendes wat tot dusver in dié 2016-kalender verskyn het, is Bella Hadid, Irina Shayk, Rita Ora, Ireland Baldwin, Stella Maxwell, Abbey Clancy, Emily Ratajkowski, Barbara Palvin, Heidi Klum & Doutzen Kroes. Elke dag is daar ‘n ander bekende se video op hul webtuiste.

Ons vermoed die video is gemaak voordat Kim in Parys aangeval is; aangesien sy ná die gebeure ’n baie lae profiel probeer handhaaf.

Kyk hier na Kim se video:

Ons wonder watter ander bekendes gaan deel wees van hierdie sexy Adventskalender.