shot_6_v2_rz
Ons hou van

Met ander oë

Denim was die aanvanklike handelsmerk, maar intussen het dit gegroei tot bykomstighede van handsakke tot sonbrille. Somer 2009 se sonbril-reeks (vanaf R899) het ‘n speelse gevoel met byvoorbeeld graveerwerk in metaal en diervelmotiewe. En as jy regtig wil hê verbygangers moet twee keer kyk, is daar sonbrille met spits oorstukke en satynglans-afwerking.

Kontak SDM Eyewear vir meer inligting: 011 334 7020.