Ons hou van

Agter die skerms: Lenny Kravitz se dogter in nuwe Woolworths-advertensie

Die somer 2011-reeks van RE: word op 24 Augustus 2011 in die winkels bekend gestel. RE: skop die nuwe seisoen af met ’n heel nuwe gevoel. Charmaine Huet, groep-bemarkingsdirekteur van Woolworths, verduidelik hoekom:

 “Die RE:-handelsmerk was ongelooflik suksesvol sedert sy bekendstelling ’n paar jaar gelede. Ons glo die tyd is nou reg om dit na die volgende vlak te neem met ‘n nuwe, skerper aanslag en stilering wat aanklank vind by modebewuste, jong, stedelike Suid-Afrikaners op soek na trendy ontwerp en oorspronklikheid teen ’n bekostigbare prys.” 

Kyk hier vir die maak van die advertensie-veldtog.