Ons hou van

Alek Wek, die ambassadeur van diversiteit

 Die internasionale klere-handelsmerk, United Colors of Benetton, se nuutste bemarkings veldtog verkondig die waarde van diversiteit en wys hoe verskille op die ou end ‘n eenheid kan vorm.

Alek Wek, en ag ander diverse persoonlikhede, wat onder andere die transseksuele model Lea T. en die geamputeerde model Mario Galla insluit, deel hul persoonlike interpretasie van kleur in die bemarkings video wat deel vorm van die 2013 Lente/Somer veldtog. Wek meen dat spesifieke kleure nie net haar persoonlikheid en gemoed na vore bring nie, maar ook uiting gee aan haar individualiteit. Sy spreek hierdie woorde, getooi in spatsels van kleurvolle items uit die 2013 Lente/Somer reeks, en verleen op hierdie manier meer diepte aan haar opinie.  

Gaan lees gerus verder oor hierdie inspirerende veltog by www.benetton.com.

Hier is ook ‘n kykie na die innoverende bemarkings video vir die 2013 Lente/Somer reeks: