Ons hou van

Alexander van Baalen nou in SA

Alexander van Baalen tel verskeie sterre onder sy kliënte: Die sangeres Sophie Ellis-Bextor, aktrise Sadie Frost, TV-persoonlikheid Myleene Klass en supermodel Heidi Klum het almal al in sy rokke gepryk. Sy nuwe reeks, getiteld Dawn to Dusk, is onlangs by Londen-Modeweek bekendgestel en vier die klassieke tydloosheid en veelsydigheid van swart. Daar is ook kleurblok- en treffende blommotiewe. Die reeks bevat sagte snyersbaadjies, kort- en langbroeke, rompe asook ‘n verskeidenheid rokke. Skakel Edgars by 011 495 6000 vir meer inligting.