Ons hou van

Rihanna in jeans-kortfliek

Nie net is Rihanna die nuwe gesig van Armani Jeans nie, maar ook dié van Emporio Armani Underwear. Hierdie kortfilm is die werk van regisseur Johan Renck, wat onder meer bekend is as skepper van die meeste van Madonna se musiekvideo’s. Vorige ambassadeurs vir Armani is David en Victoria Beckham, Cristiano Ronaldo en Megan Fox.

“Rihanna is ’n wonderlike kunstenaar. Haar persoonlikheid, charisma en energie maak dit ’n plesier om met haar saam te werk. Sy is die perfekte toonbeeld van die moderne en jeugdige gees van Emporio Armani Underwear en Armani Jeans”, Georgio Armani – ontwerper