james_franco_fashion_icon
Ons hou van

Bekende akteur maak dokumentêr vir Gucci

Gucci se bekende kreatiewe direkteur, Frida Giannini, wys ons ‘n agter skerms van haar daaglikse lewe by die kantoor, hoe sy besluit op modelle, asook die “look & feel” van ‘n seisoen se reeks. “Ek het nie hierdie tipe lewe verwag nie,” vertel Giannini aan die begin van die storie.

Die regisseur is Christina Voros, ‘n goeie vriend en kollega van Franco. Voros hoop dat die gehoor “met ‘n beter begrip van die komplekse proses rondom ‘n luukse handelsmerk soos Gucci” sal wegstap. Dat hulle wanneer hulle weer ‘n rok of ‘n handsak in 5th Avenue optel, sal weet watter harde werk agter dit sit.”

Dié film het op 21 April by die Tribeca Filmfees in New York gewys. En goeie nuus was dat Giannini en haar lewensmaat, Gucci se Hoof uitvoerende beampte, Patrizio di Marco se eersteling in Maart vanjaar gebore is.

Kyk hier vir die voorskou van The Director:

Bron: Fashion.telegraph.co.uk