sjp
Ons hou van

Sarah Jessica Parker voor in die koor met Louis Vuitton

Louis Vuitton het sy somerreeks vir 2012 op 5 Oktober in Parys bekend gestel, en die aktrise Sarah Jessica Parker het nie op haar laat wag om – soos altyd – eerste met die trends te wees nie. By UNICEF se onlangse Snowflake Ball was sy te sien in ‘n ongelooflike uitsnyromp met veerdetail. Ander bekendes wat die geleentheid bygewoon het, sluit in Uma Thurman, Natasha Bedingfield en Zoë Kravitz.

  • Tania

    Haar uitrusting is nie vir my mooi nie, al is dit Louis Vuitton.

  • Talita

    Ek dink sy lyk pragtig: vroulik, oorpsronklik en ongewoon.

  • Christa van der Walt

    Moet mens nou se dis mooi net omdat dit LV is….nee, skuus…maar gladnie mooi nie!!!

  • monica

    Ek stem saam.Bolangs is dit afgeskeep.

  • Annette

    Dis regtig nie mooi nie.

  • Sorine

    Ag nee, dit lyk belaglik. Maak nie saak wie dit ontwerp, gemaak of gedra het nie.