Ons hou van

Die stylwenners by die People’s Choice Awards

Blinkers is duidelik hoogmode, en was in alle skakerings te sien, van swart en metaalkleur tot helder kleure. Ons algehele stylwenner van die aand is egter Taylor Swift wat weggebreek van die blinkers met ‘n eenvoudige wit rok met lae hals van Ralph Lauren. Boonop het sy weg gestap as die wenner in die country-kategorie.

Taylor Swift

Julianne Hough (Rock of Ages), het uitgeblink ‘n vyftigs-styl rok van Tony Ward.

Naomi Watts se lae rug en goue blinkers was nog ‘n stylwenner.

Naomi Watts

Lea Michele, wenner van beste aktrise in ‘n TV-komediereeks het fantasties gelyk in haar kort pienk mini.

Lea Michele

Rumer Willis, dogter van Bruce Willis en Demi Moore, het ‘n rok met ‘n eenvoudige snit gekies wat danksy die diagonale blinkers ‘n treffer was.

Rumer Willis

Al vyf ons stylwenners het dieselfde idee gehad toe dit by grimering gekom het: ligte, natuurlike lippe en smeulende oë.