FOTO Instagram @kendalljenner

FOTO Instagram @kendalljenner

Ons hou van

Bespaar só tyd soggens

Daardie ekstra paar minute in die oggend kan werklik wondere verrig. Ons weet hoe kosbaar dít is. En om dalk ’n minuut of twee ekstra te kan slaap is altyd ’n bonus. SARIE se modespan het 10 wenke wat jou daardie ekstra 10 minute kan spaar!

 #1 Stoom jou klere terwyl jy die ketel kook vir koffie

Jy kort jou kafeïene en ’n kreukelvrye kledingstuk, volg gerus die 2-in-1 metode. Of stoom jou klere die vorige aand in die stort.

 

#2 Beplan jou uitrusting die vorige aand

 

#3 Kyk die vorige aand na die weervoorspelling

Dit help nie jy beplan jou uitrusting vir ’n sonnige dag as dit gaan stortreën nie! My gunstelling is die iPhone Weather App of AccuWeather.

 

#4 Maak vir jou ’n oggend-musieklys

Dit kan jou “alarmstelsel” wees, sodat jy weet wanneer jy móét klaar wees. Jy moet byvoorbeeld klaar aangetrek wees by die derde liedjie, en as daardie musieklys (playlist) van vooraf begin … moet jy weet jy is laat!

 

#5 Pak jou gimsak die vorige aand

Dit gaan jou ten minste ’n ekstra 5 minute in die oggend vat om die tas te pak en jy kan dalk net iets vergeet!

 

#6 Drink ’n glas water as jy opstaan

Dit help jou liggaam om wakker te word.

Lees meer hier

 

#7 Hare

Gaan slaap die vorige aand met ’n nat bolla of vlegsel met haarsproei. Dan hoef jy in die oggend net die vlegsel of bolla los te maak en jou hare is gestileer – sonder ’n haartang!

 

#8 Bad pleks van stort

Hoekom? 1) Jou hare word nie nat nie (indien jy dit nie hoef te was nie). 2) Jy kan ontbyt maak, bed opmaak en koffie maak terwyl jy jou badwater intap. 3) Jy kan ook solank jou dagrome en ander produkte aanwend terwyl jy in die bad is. VERMY dit liefs om grimering in die bad aan te sit!

 

#9 Droë sjampoe

Dit is altyd handig vir daardie dae dat jy nie kan hare was nie!

 

#10 Jy mág op jou foon kyk terwyl jy klaarmaak

Party mense dink hulle moet soggens hul fone vermy. Nee, dit is soos om vir iemand te sê moenie nou kyk nie, maar jý kyk. Jy kan ’n belangrike boodskap mis of selfs vergeet om te kyk hoe laat dit is!

Lees nou

Satyn-kussingslope hou jou jonk

Verlief, verloof, dié bekendes gaan trou

5 tekens wat sê jy ken jou trends