FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Ons hou van

Carey Mulligan se rok: JA of NEE?

Carey Mulligan se rol as Daisy in die film The Great Gatsby teenoor Leonardo DiCaprio het van haar byna oornag ’n huishoudelike naam én styl-ikoon gemaak. Carey is bekend vir haar klassieke monochromatiese styl, maar by die première van haar nuwe fliek, Inside Llewyn Davis, het sy almal met ’n helder geel rok van Dior verras.

 

Nou kan jy jou mening gee – is dié rok ’n treffer of ’n flop?

 

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Inside Llewyn Davis gaan oor ’n sukkelende musikant in die sestigerjare. Carey speel teenoor Justin Timberlake en Oscar Isaac (The Bourne Legacy, Robin Hood). Die fliek is deur die bekende Coen-broers geskryf wat ook verantwoordelik is vir die Oscar-bekroonde films No Country for Old Men en Fargo.

Kry Carey se voorkoms

Jou geel uitrusting

Geel is ’n gelukkige kleur wat met die somer geassosieer word. Baie mense is egter skrikkerig om geel te dra, maar die geheim is om die geel te kry wat by jou vel pas – van pastel tot mosterd, daar is iets vir jou!

Hoe dra jy geel?

  • As jy ’n ligte vel het, kies eerder ’n mosterd of ’n donkerder geel.
  • ’n Olyf-kleurige vel lyk pragtig teen heldergeel – dit gee jou vel ekstra glans. Sorg net dat jou vel goed bevogtig is.
  • As jy waaghalsig is, kan jy geel items saam met ander helder kleure soos blou en pienk dra – dink aan die kleurblok-trend.
  • Pastel- en ligte kleure soos taan en grys lyk ook mooi saam met geel. Jou skoene en bykomstighede sal goed lyk in dié kleure.
  • As ’n geel uitrusting te waaghalsig is vir jou, kies eerder geel bykomstighede. Geel trek dadelik die oog, so kies een item in dié kleur  – soos jou oorbelle of halssnoer.

Jou rooi lippe

Vir blondines:

  • Blondines met ’n warm gelaat staan uit met koraal, oranje-rooie en koperskakerings.
  • Die blondine met ’n koue gelaat lyk op haar beste met ligte, koue rooie soos roospienk, pruimpienk en ligrooi roosskakerings.

Vir brunette:

  • Rooi lipstiffies met ’n warm ondertoon en oranje basis werk by ’n warm gelaat en swart of bruin hare.
  • Swart of bruin hare met ’n koel velondertoon lyk mooi by koue skakerings, soos kersierooi, pruim en wynrooi.

Vir rooikoppe:

  • Warm, helder lipstiffies met baie oranje werk die beste vir die rooikop wat ’n warm gelaat het.
  • Donker skakerings van pruim-, bessie- en baksteenrooi lyk fantasties by vroue met rooi hare en ’n koel velondertoon.

Nóg wenke:

  • Vroue met ’n donker gelaat lyk mooi met donkerrooi lipstiffie en helderrooie werk by iemand met ’n olyfkleurige velondertoon. As jou vel bleek is, moet jy egter versigtig wees vir dramatiese rooie, want die verkeerde skakering kan jou gesig hard laat lyk.
  • ’n Koel, rooi lipstiffie maak gevlekte tande helder en witter.

Die skoene

Carey het donker hakskoene by haar geel rok gedra om ’n deftige aandvoorkoms te skep. Omdat geel ’n veelsydige kleur is en ook deur die dag gedra kan word, kan jy speel met jou skoenkleur en -style na gelang van die geleentheid.

Kyk net na hierdie mooi opsies uit ons SARIE-winkel:

(klik op naam onder die foto om te koop)

Studded heels en Leather heels with ankle strap

Swirl design shoes en Dana sandals

Argentina espadrilles en Patent lace-ups