page_18601326678931
Ons hou van

Charlize dra Dior by die Golden Globes

Charlize se blooskleurige Dior Couture-rok met spleet tot by die bobeen en oorgroot strik-detail was ‘n gunsteling vir die aand. En sy’t haar uitrusting perfek afgerond met ‘n 20’s-styl haarband van Cartier, wat Los Angeles Times voorspel, saam met Michelle Williams se Fred Leighton-haarband, ‘n mode-trend mag begin. Die kleurpalet van die Golden Globes op 15 Januarie was dalk valer as gewoonlik, maar glad nie vervelig nie. Ander sterre wat ook in dié trend te sien was is die Australiese supermodel Elle Macpherson en aktrises Kate Beckinsale en Nicole Kidman. Gaan loer gerus op www.goldenglobes.org vir nog foto’s.