mannequins_cs
Ons hou van

Plaaslike ontwerper maak winkel oop in Langstraat

Christopher Strong is vinnig besig om ‘n voorbok in die Suid-Afrikaanse modebedryf te word en nou kan Kapenaars by die ontwerper Olive se eie winkel inloer. Sagte wit gordyne is elegant gedrapeer teen die een muur met ‘n verskeidenheid vleiende rokke, bloese en broeke aan die ander kant. Twee goue beeldjies pronk trots in ‘n glaskas, wat staan en wag vir die reeks juweliersware wat binnekort bykom. 

Die winkel is weeksdae oop van 10vm tot 6nm en Saterdae van 10vm tot 4nm. Skakel 021 461 5718 vir meer inligting.