FOTO: Vergunning van OMEGA

FOTO: Vergunning van OMEGA

Ons hou van

Cindy Crawford se rok: JA of NEE?

Cindy Crawford se modeldae is lank nog nie verby nie. Dié 47-jarige model het onlangs die luukse horlosie-handelsmerk OMEGA se winkel in Chili, Suid-Amerika geopen en ’n pragtige rooi rok vir dié geleentheid gedra.

Nou kan jy jou mening gee – is dié rok ’n treffer of ’n flop?

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Cindy Crawford at the first OMEGA Boutique in Chile

FOTO: OMEGA

So lyk Cindy Crawford se kinders! Klik hier!

Cindy Crawford is een van OMEGA se ambassadeurs – ’n uitgelese groepie bekendes soos George Clooney, die ruimtereisiger Buzz Aldrin en die Olimpiese medalje-wenner Michael Phelps.

Constellation_123.55.27.20.55.005

OMEGA se Constellation-reeks

Cindy is gekies om die nuutste OMEGA-winkel in Chili te open. Sy het in die verlede saam met dié horlosiemakers hul Constellation-reeks (links) ontwerp.

OMEGA se nuwe winkel is in een van Chili se grootste winkelsentrums. Die vertoonlokaal is blykbaar iets spesiaals wat die elemente son, water, aarde en tyd uitbeeld – iets wat deel vorm van dié handelsmerk se ontwerpkonsep.

Wenke vir rooi lippe

Rooi lippe is steeds ’n groot skoonheidstrend, maar baie vroue is onseker hoe om dit te dra. Ons gee jou wenke:

Die belangrike ding is om die regte skakering van rooi te vind wat by jou gelaat pas. ’n Donkerder skakering pas gewoonlik beter by ’n ligter gelaat en ’n helder skakering van rooi is meer gepas by ’n donkerder gelaat, alhoewel dit nie vir almal geld nie. ’n Bekende soos Gwen Stefani het ’n ligte gelaat en blonde hare en lyk tog altyd glansend met haar helder rooi lipstiffie.

Gwen Stefani’n Ander manier om jou lipstiffie te kies is om te kyk of jy ’n warm of koue ondertoon het. Soos jou vel, het rooi lipstiffies ook ’n warm of ’n koue ondertoon. ’n Oranje basis maak die lipstiffie warm terwyl ’n lipstiffie met ’n blou basis ’n koue ondertoon het.

Het jou vel ’n warm of ’n koue ondertoon? Kyk net na jou polse! As jou are groen lyk het jy ’n warm ondertoon, en ’n blou skakering dui weer op ’n koue gelaat. Kies altyd ’n lipstiffie wat jou veltoon komplementeer – warm op warm en koud op koud!