Ons hou van

Die wêreld dalk binnekort aan Caryn se voete

Ná tien jaar in Vancouver, Kanada, het ontwerper Caryn Wilensky die skoenreeks Coast & Koi begin in Kaapstad. Haar doel: Om gemaklike, maar stylvolle en oorspronlike, skoene te ontwerp. Dit word met die hand gemaak in Kaapstad, wat die reeks ‘n unieke en kunssinnige gevoel gee.

Caryn se keurige reeks balletstyl-skoene is bewys van haar dae as direkteur van ‘n Kaapse ballet-en dans skoenvervaardiger. Aanvanklik het sy as Nunu skoene gemaak vir YDE. Dié handelsmerk het later ontwikkel het in Coast & Koi.

Buiten skoenontwerper is Caryn ook tekstielontwerper, en sy is veral lief vir motiewe uit Middeleeuse Italië en Frankryk.

Vanjaar is sy genooi om saam met die Cape Town Fashion Council deel te neem aan Design Indaba-2012. Nog nuus is dat hulle dié jaar ‘n nuwe reeks uitbring met luukse fluweel en lae maasstof.

Coast & Koi is te kry by The Clothes Cabinet in Stellenbosch, The Bromwell in Woodstock, The Homework Store in Plettenbergbaai, Heart and Soul in Knysna en Luca in Seepunt. Coast & Koi is vandeesmaand ook in Johannesburg. Kontak Caryn by wilensky@pixie.co.za, 021 434 7547 of 072 290 2822 vir inligting.