beyonce
Ons hou van

Die besgekledes by die Grammys 2013

Beyoncé het ongelooflik gelyk in ‘n swart en wit eenstuk van Osman (foto bo). Ons hou baie van hoe sy die asimmetriese bokant met dieselfde breë armbande aan albei arms afgerond het.

Die groot verrassing vir die aand was Rihanna. Sy het weggebreek van haar normale ‘grunge’- styl en ‘n rooi, vloeiende rok van Azzedine Alaïa gekies wat ou-wêreldse glans uitbasuin. (Die ring aan haar ringvinger tydens haar optrede op die Grammy-verhoog het almal aan die gons dat sy en kontroversiële kêrel, Chris Brown, binnekort die knoop gaan deurhaak*.)

Taylor Swift in J Mendell

Die 23-jarige Taylor Swift het wéér ‘n wit rok gekies. Hierdie keer het haar rok van J Mendell ‘n sterk Griekse invloed. Die voorkoms is afgerond deur haar vlegsel oor die kroon van haar kop. Sy het sedert die begin van 2013 se toekenningseisoen nog nie ‘n modevoet verkeerd gesit nie.

Solange Knowels in Ralph & Russo Couture

Kort op ousus Beyoncé se hakke is Solange Knowles met ‘n groen blinkerrok van Ralph & Russo Couture.

Adele in Valentino

Adele het haar normale swart nommertjie vir eers verruil vir ‘n treffende 50’s-styl-rok met blompatrone van Valentino. Om dit af te rond het sy ‘n paar bypassende blom-puntskoene gedra.

* Kyk die Grammys op Maandag 11 Februarie 2013 om 21:30 op M-Net en M-Net HD.

* DAAI RING?

Rihanna (24) en Chris Brown (23) het baie verlief gelyk tydens gisteraand se geleentheid en toe sy tydens haar vertoning met ‘n ring aan die vinger verskyn, het die sosiale netwerke begin gons. Chris Brown het haar in 2009 juis tydens ‘n pre-Grammy-partytjie aangerand.

Rihanna op die verhoog

  • Elizabeth

    Ag nee tog Adele met daai aaklige rok! Nee,nee NEE! Dit laat jou vetter lyk en lyk soos ou-u-u grodyne uit toeka se tyd. NEE!! Rihanna het fantasties gelyk – die hare moet net bietjie vorentoe – sy lyk bles! Met die swart nommer waar sy sing het sy dit reg!

    Oeee en voor al die tannies my nou weer aanvat me thulle snedige gesegdes – dis MY mening en klaar!! ;-)

  • Elizabeth

    Toe glip die vingers – dit moet GORDYNE wees :-))

  • Wally

    Wie is Rihanna nou weer?

  • Linda van Mosselbaai

    DIe geblomde rok lyk pragtig – swart is so eentonig!

  • Angelique

    Adele – groot patrone laat mens groter lyk. Nee-a maan – wie is jou stiliste? Regtig goor

  • Sol

    Dink Rihanna se rok was pragtig – mooi kleur ook! Taylor lyk ook goed, maar Adele… aikona!

  • Magriet

    Beyonce = 1 hot mama!